Oudtshoorn Courant

Twee nefies verdrink

- LIEZL VAN NIEKERK

Twee nefies, onderskeid­elik 10 en 13 jaar oud, het die afgelope naweek in 'n besproeiie­ngsdam van die staat net buite Dysselsdor­p verdrink.

Volgens kapt. Joey Strydom, bevelvoerd­er van die Dysselsdor­p-polisiekan­toor, is die hulp van polisiedui­kers op Mosselbaai ingeroep om die liggame van die kinders uit te haal.

Die twee kinders, Louis (Jayden) Tika (10) en Pershwill Willemse (13) se ma's is susters.

Rochelle Tika, Louis se ma, het Maandag aan Oudtshoorn Courant gesê hy en sy neef, Pershwill, was vreeslik geheg aan mekaar.

"God het hulle saam kom haal, want hy het geweet die een sou waarskynli­k nie sonder die ander kon klaarkom nie. Hulle was altyd bymekaar en daar was regtig 'n besonderse band tussen die kinders."

Volgens haar is die dam baie ver van waar die kinders woon en verstaan die familie nie hoekom die kinders juis daar gaan swem het nie.

"Louis is Sondag na Pershwill toe. Hy woon saam met my suster, Hildegard, by my ma, Katy. Hulle sou by hulle ander ouma ook gaan kuier het, maar toe sy hulle soek toe is hulle weg. Dit was egter nie vreemd nie, want hulle speel gereeld by ander maats of familie."

Volgens hulle het die polisie Sondag na haar gekom en haar vertel dat die kinders moontlik in die dam kan wees.

"Hulle klere het op die damwal gelê en die polisie wou hê ek moes dit uitken. Dit wás toe hulle klere.

“Daar was 'n derde seuntjie saam met hulle by die dam. Soos ons dit verstaan het die twee nefies teen die dam se wal afgegly om hul voete in die water te sit. Die dam se wal is met dik plastiek toegemaak en toe die voetjies nat is toe kon hulle nie weer terug nie. Die derde seuntjie het hulle probeer help, maar hyself is vreeslik klein.

Hy het 'n tou afgegooi na hulle toe, maar sy lyfie kon hulle nie optrek nie. Hy het gehardloop en hulp gaan soek. "

Volgens haar was dit ook 'n bestiering dat die derde seuntjie dit oorleef het, anders sou die familie waarskynli­k lank na die kinders gesoek het.

"Ons sou mos nooit gedink het om by die dam te gaan kyk nie. Hoe lank sou hulle nie daar gewees het nie?"

Tika sê sy gaan haar "klein woelwater" mis. "Hy was 'n regte seuntjie en altyd besig met iets. Hier was altyd maatjies by die huis gewees."

Katy Willemse, die kinders se ouma, het aan Oudtshoorn Courant gesê Pershwill se ma is te getraumati­seer om oor die voorval te praat.

"Sy vat dit baie swaar. Pershwill was ons stil, skaam kind, maar hy was baie lief vir sy nefie."

Teen druktyd was die begrafnisr­eëlings nog nie bevestig nie.

 ??  ?? Pershwill Willemse
Die dam waarin die kinders verdrink het.
Louis Tika
Pershwill Willemse Die dam waarin die kinders verdrink het. Louis Tika
 ?? Van Niekerk Foto’s: Liezl ?? Katy Willemse, die twee kinders se ouma, word deur ‘n familielid, Rose Botha, ondersteun.
Van Niekerk Foto’s: Liezl Katy Willemse, die twee kinders se ouma, word deur ‘n familielid, Rose Botha, ondersteun.
 ??  ?? Rochelle Tika, Louis se ma.
Rochelle Tika, Louis se ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa