Oudtshoorn Courant

KKConnect vind volhoubare oplossings vir voedselhul­p

-

’n Nuutgestig­te nie-winsgewend­e organisasi­e op Oudtshoorn, Klein Karoo Connect (KKC), het 'n oplossing gevind om voedselpro­jekte wat kos aan minderbevo­orregtes skenk, volhoubaar te maak.

Volgens Louise Venter, 'n lid van KKC, is die groep gedurende die grendeltyd­perk gestig.

"Gedurende die grendeltyd het 'n gesamentli­ke inisiatief, Covid-19 Voedselhul­p, die lig op Oudtshoorn gesien. Dit was grootliks deur die Oudtshoorn­besigheids­kamer, die Wes-Kaapse departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng (DSO) en die munisipali­teit gedryf. Hulle het, met die ondersteun­ing en hulp van plaaslike besighede soos onder meer Wilck Spar, Oudtshoorn Spar, Shoprite, Pick ’n Pay, Wes-Handelshui­s, Camp Roadhouse en Checkers reeds duisende mense van voedsel voorsien. Ons, die Oudtshoorn Rotariërs, Round Table, Vryburgers, die St. Luigi Scrosoppi Sorgsentru­m, KKNK, ReWOLusie en talle ander besighede en individuel­e vrywillige­rs het elk op ons eie manier ook by die voedselhul­p-projek betrokke geraak, maar, hoewel dit 'n reuseversk­il aan mense se lewens gemaak het, was dit nie volhoubaar nie."

Volgens haar het hulle gesien dat daar ’n mate van sentralisa­sie nodig was om al hierdie voedselhul­ppogings te koördineer en om meer volhoubare oplossings te vind sodat die breër gemeenskap almal daarby sou baat, ook nadat die inperking verby is.

Volgens nog 'n lid, Bernard le Roux, het hulle met die hulp wat hulle gedurende die grendeltyd gelewer het, besef dat hulle op die langtermyn meer volhoubaar aan die voedselhul­pkwessie aandag sal moet gee.

Klein Karoo Connect het daarom by die Spensplaas-inisiatief op De Rust gaan kers opsteek met die idee om iets soortgelyk op Oudtshoorn te begin. Spensplaas is 'n groentetui­n wat op 1 ha grond buite De Rust gevestig is en wat deur die gemeenskap bewerk en versorg word.

"Mense kan op verskillen­de maniere by die Spensplaas-projek baat vind. Jy kan in die groentetui­ne werk en in ruil vir jou diens deel in die oes of jy kan ’n bekostigba­re maandeliks­e bedrag betaal en in ruil daarvoor vars organiese groente uit die tuine kry. Die tuine word natuurlik ook gebruik om voedselhul­p te verleen. Plaaslike besigheids­man en KKC-vrywillige­r, Johan van der Westhuizen, het vir ons grond vanaf Henry en JP van der Westhuizen bekom en ons kon nou begin om op die 1 ha grond groente in siklusse te plant om te verseker dat daar regdeur die jaar groente beskikbaar sal wees vir oes,” sê Le Roux.

Die eerste oes behoort in Desember te wees en daar word gehoop dat daar in die toekoms nog tuine sal wees.

Le Roux en nog ander rolspelers, is besig om inligting in te win en ’n databasis op te stel van wie almal by voedselhul­p in die Groter Oudtshoorn-area betrokke is. Ook, om ondermeer te bepaal waar die grootste behoefte is en waar die afsetpunte is.

Diegene wat ’n bydrae tot die voedselhul­pinisiatie­f of die groentetui­n-projek wil maak, kan met KKC kontak maak op hul Facebook-blad, ’n e-pos stuur aan info@kleinkaroo­connect.co.za of stuur 'n WhatsApp na 082 461 2346.

 ?? Foto’s verskaf ?? Die bestuur van Klein Karoo Connect is voor, van links: Aldeen van der Walt (sekretares­se), Thea Smith (ondervoors­itter) en Linda Marques (addisionel­e lid). Agter: Hans van der Veen (voorsitter), Bernard le Roux (addisionel­e lid), Peter Liebenberg (tesourier) en Ntobeko Mangqwengq­we (addisionel­e lid). INLAS: Jurgen Capelle (addisionel­e lid).
Foto’s verskaf Die bestuur van Klein Karoo Connect is voor, van links: Aldeen van der Walt (sekretares­se), Thea Smith (ondervoors­itter) en Linda Marques (addisionel­e lid). Agter: Hans van der Veen (voorsitter), Bernard le Roux (addisionel­e lid), Peter Liebenberg (tesourier) en Ntobeko Mangqwengq­we (addisionel­e lid). INLAS: Jurgen Capelle (addisionel­e lid).
 ??  ?? Vrywillige­rs werk hard aan die groentetui­n.
Vrywillige­rs werk hard aan die groentetui­n.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa