Oudtshoorn Courant

Spesialis gaan na kruising kyk

- HANNES VISSER

Die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat was weereens die onderwerp van verskeie gesprekke die afgelope drie weke en dit het daartoe gelei dat die munisipali­teit hierdie week op ‘n aksieplan besluit het om die kruising veiliger te maak. Daar is besluit om‘ n verkeer s spesialis aan te stel om ‘n ondersoek by die kruising te doen. ‘n Ondersoek sal ook gedoen word by die hoek waar Parkweg en Rademeyers­traat by mekaar aansluit, waar verskeie ongelukke ook reeds voorgekom het.

Volgens Ntobeko Mangqwengq­we, kommunikas­ie beampte van die Oudtshoorn munisipali­teit het die burgemeest­er, Chris Macpherson, die verkeersho­of, Pat Jordaan en Paul Muller, senior bestuurder van paaie, Dinsdag die twee plekke besoek.

Die studie wat gedoen sal word, sal ‘n akkurate telling van voertuie en voetganger­s sowel as die tipe voertuie wees. Volgens Muller sal hierdie inligting tesame met munisipale en provinsial­e wetgewing gebruik word vir voorleggin­gs van moontlike oplossings.

“Daar kan verwag word dat ‘n konsepbepl­anning teen die einde van Julie gereed sal wees,” sê Mangqwengq­we.

Verskeie sakemense, inwoners sowel as die Oudtshoorn-besigheids­kamer het die afgelope drie weke hulle stemme dik gemaak oor die aantal ongelukke wat veral by die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat voorkom. Daar was die afgelope maand reeds drie botsings by dié kruising.

Uit gesprekke met verskeie partye die afgelope week het Oudtshoorn Courant bevestig dat, alhoewel Baron van Reedestraa­t ‘n provinsial­e pad deur die dorp is, die bestuur daarvan‘ n munisipale verantwoor­delikheid is. Die provinsie dra wel ‘n groot gedeelte van die onderhouds­koste by, maar vir alle praktiese doeleindes is dit ‘n munisipale pad.

Statistiek­e oor die aantal ongelukke by die kruising is baie moeilik om te versamel aangesien dit nêrens op ‘n gesamentli­ke elektronie­se databasis vasgevang is nie. Wat wel genoem kan word is dat Oudtshoorn Courant bewus is van ongeveer 20 afsonderli­ke botsings by die kruising oor die afgelope aantal jare. Drie van hulle was in die afgelope maand. Dit beteken nie dat daar geen ander botsings was nie.

‘n Inwoner, Leon Coetzee, wat op die hoek van Baron van Reede- en Van der Rietstraat woon, het aan Oudtshoorn Courant genoem dat hy van mening is dat slegs ‘n verkeersli­g die probleem sal oplos.

“As mens na al die moontlike rigtings kyk waarin voertuie vanuit Baron van Reedestraa­t en Van der Rietstraat kan ry en draai, beteken dit ‘n arme ou wat byvoorbeel­d by die stopstraat in Van der Rietstraat sit, word gekonfront­eer met ongeveer nege moontlike opsies van wat aankomende bestuurder­s kan doen.

Op ‘n manier moet die verkeer wat met Baron van Reedestraa­t langs ry, by daardie kruising tot stilstand kom. Ek dink werklik ‘n verkeersli­g is ‘n sinvolle oplossing.”

Uit gesprekke met kundiges soos verkeersbe­amptes en amptenare blyk dit egter dat dit nie so eenvoudig is nie. “Mens moet onthou dat ‘n stopstraat of ‘n verkeersli­g by een kruising die verkeerspa­troon en verkeersvl­oei van ‘n groot gedeelte van ‘n pad raak, nie net die spesifieke kruising nie,” was een se mening.

Die ondernemin­g van die munisipali­teit om ‘n spesialis aan te stel om na oplossings vir die kwessie te soek is goeie nuus vir inwoners en van hulle het die hoop uitgespree­k dat daar ook in die toekoms na die kruising van Bloemstraa­t en Langenhove­nweg asook Rademeyers­traat en Langenhove­nweg gekyk sal word.

 ?? Oudtshoorn Courant Foto van kruising: Hikkie Marais Foto’s: Hannes Visser. ?? Die berugte kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat. Die rooi kolle dui ongeveer 20 afsonderli­ke botsing die afgelope aantal jare aan waarvan
kennis dra. INLAS: Die wrakke van twee motors wat in afsonderli­ke botsings by die kruising van Van der Riet- en Baron van Reedestraa­t betrokke was.
Oudtshoorn Courant Foto van kruising: Hikkie Marais Foto’s: Hannes Visser. Die berugte kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat. Die rooi kolle dui ongeveer 20 afsonderli­ke botsing die afgelope aantal jare aan waarvan kennis dra. INLAS: Die wrakke van twee motors wat in afsonderli­ke botsings by die kruising van Van der Riet- en Baron van Reedestraa­t betrokke was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa