Oudtshoorn Courant

Gemeenskap span saam na brand

- MARLENE MALAN

PRINS ALBERT - Twee gesinne van die woonbuurt, Noordeinde, moes verlede Donderdag hulpeloos toekyk terwyl hulle skakelhuis­e in vlamme opgaan.

Inwoners van die dorp het kort na die brand ingespring en saamgestaa­n om die slagoffers te help.

Die inwoners van die twee skakelhuis­e het al hulle besittings in die brand, wat die eiendom binne minute verswelg het, verloor. Altesaam drie strukture is totaal in puin gelê. Twee gesinne is dakloos en sonder enige besittings gelaat.

Die liefdadigh­eidsgroep van die dorp, The Thursday Group, asook ’n inwoner, Howard Mollisson, het dadelik ingespring en kos, komberse en klere vir die slagoffers ingesamel. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en geen klag van brandstigt­ing is gelê nie, het die woordvoerd­er van die plaaslike polisie, sers. Nico April, by navraag gesê.

Volgens die munisipale bestuurder, Anneleen Vorster, het die plaaslike owerheid na die brand gehelp om die perseel op te ruim en skoon te maak.

“Die munisipali­teit het nie ’n rampfonds nie en het ’n beroep op die gemeenskap gedoen vir ondersteun­ing. Inwoners het toe voedsel, klere en beddegoed verskaf. Van die munisipale personeel het voedselond­ersteuning verleen.

Die munisipali­teit het die Odendaalge­meenskapsa­al in die dorp as tydelike vesting aangebied, maar die slagoffers het verkies om by familie en vriende te gaan bly.”

Sy sê die Prins Albert-munisipali­teit het by die provinsial­e departemen­t behuising aansoek gedoen vir brandnoodp­akkette. “Ons wag nog op terugvoer in dié verband.”

 ?? Foto’s: Verskaf ?? Een van die gesinne ontvang beddegoed nadat die brand hulle huis en al hulle besittings verwoes het.
Foto’s: Verskaf Een van die gesinne ontvang beddegoed nadat die brand hulle huis en al hulle besittings verwoes het.
 ??  ??
 ??  ?? Inwoners kon slegs toekyk terwyl die brand twee gesinne se huise verswelg.
Inwoners kon slegs toekyk terwyl die brand twee gesinne se huise verswelg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa