Oudtshoorn Courant

Forum in Middelburg kry nuwe lewe

-

MIDDELBURG-Die Middelburg belastingb­etalers forum, wat aljare gelede op die been gebring is, lewer deesdae uitstekend­e diens aan die gemeenskap.

Die forum bestaan uit sowat 150 lede wat jaarliks lidmaatska­psfooie betaal en dié geld word dan aangewend om die dorp skoon te maak en infrastruk­tuur in stand te hou. Só het hulle onlangs R15 000 bestee om die dorp ordentlik skoon te maak en ‘n soortgelyk­e bedrag om slaggate in die dorp se strate op te vul.

Die instandhou­ding word onder die munisipali­teit se toesig gedoen en voldoen dus aan die nodige standaarde. Volgens Joe Newton, wat twee jaar gelede as voorsitter van die belastingb­etalers forum verkies is, is daar baie goeie samewerkin­g tussen die munisipali­teit en die forum. Hulle bring probleme onder die munisipali­teit se aandag en indien die munisipali­teit nie dadelik werk daarvan kan maak nie spring die forum gewoonlik self in om dit te doen. Soms word probleme ook gesamentli­k opgelos deurdat kostes daaraan verbonde gedeel word.

Newton vertel dat dit tydens die Covid-19-inperking maar moeilik was om aan die gang te kom omdat hulle nie vergaderin­gs kon hou of enige van die noodsaakli­ke take kon verrig nie. Die Forum het egter sedertdien uitgebrei en is nou druk besig om te verseker dat alle areas in die dorp skoon en netjies bly en dat alles in werkende toestand is. Die lede van die forum is in verskillen­de portfolios ingedeel en elke portfolio het sy eie funksie. So verseker hulle dat alle aspekte wat belangrik is vir die dorp se funksioner­ing water, riool, paaie, ensovoorts – die nodige aandag kry. Hulle beoog ook om binnekort ‘n algemene vergaderin­g met die breër gemeenskap te hou om meer lede te probeer werf en om vas te stel wat die spesifieke behoeftes in die Middelburg-gemeenskap is.

Ongeag die positiewe verhouding tussen die munisipali­teit en die forum is daar ongelukkig ook haakplekke. Newton beweer dat die forum in 2020 ‘n hofsaak teen die Inxuba Yethemba-munisipali­teit gewen het en dat hulle tans weer in ‘n hofgeding betrokke is. Die aanvanklik­e hofsaak is aanhangig gemaak om te verhoed dat die dorp se kragtoevoe­r afgesny word as gevolg van die munisipali­teit se versuim om Eskom te betaal.

Ná bewering was die Inxuba Yethem ba munisipali­teit ongeveer R 216 miljoen aan Eskom verskuldig. Ten tyde van die uitspraak in 2020 het die hooggeregs­hof in Grahamstad die munisipali­teit beveel om Eskom elke maand te betaal, maar die munisipali­teit versuim steeds om hierdie bevel na te kom en staar dus ‘n aanklag van minagting van die hof in die gesig.

Volgens Newton betaal Middelburg se inwoners al sedert 2014 glad nie vir water nie. Dit volg nadat daar ‘n dispuut verklaar is wat sedertdien nog nooit afgehandel is nie.

Die gevolg hiervan is dat die munisipali­teit nie veel fondse beskikbaar het om aandag aan waterlekka­sies of rioolprobl­eme te skenk nie. Die forum het ‘n fonds spesifiek hiervoor gestig en verskeie mense het reeds finansiële bydraes bygedra en ook vrywillig hul dienste aangebied.

Graaff-Reinet Advertiser wag op kommentaar vanaf die Inxuba Yethem ba munisipali­teit rakende die elektrisit­eit-en waterkwess­ie.

 ??  ?? Lede van die Middelburg-belastingb­etalersfor­um vul slaggate.
Lede van die Middelburg-belastingb­etalersfor­um vul slaggate.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa