Oudtshoorn Courant

Dié opleiding ‘n ligpunt vir klein dorpies

- TERESA OPPERMAN

HOFMEYR - Altesaam 26 kursusgang­ers van hoofsaakli­k Hofmeyr het die afgelope week opleiding deur die Ikhala Trust in Molteno onder streng Covid-19-protokol bygewoon.

Bernie Dolley, besturende direkteur en stigtersli­d van Ikhala Trust, sê sy het geen idée gehad hoe die dorpie lyk of wat ek te wagte kan wees nie, “maar ek was aangenaam verras deur die goeie getal kursusgang­ers wat opgedaag het. Die positiewe gesindheid van samewerkin­g en ontwikkeli­ng het my onmiddelli­k opgeval”.

Dié Asset Based Community Developmen­t (ABCD) kan selfs deur ongeskoold­es deurloop word aangesien dit prakties aangepas is en groot veranderin­ge in enige gemeenskap te weeg kan bring.

Hofmeyr Hugs of Hope in Hofmeyr werk ook volgens die riglyne van ABCD en word in hierdie gebied gesien as ‘n ligpunt vir talle ander klein dorpies wat nog in duister gehul is en werkloos en in armoede vasgevang is.

Ikhala Trust gee opleiding, raad, leiding en natuurlik ook bystand in moeilike omstandigh­ede, wat elke besigheid soms teëkom.

Nie-winsgewend­e organisasi­es word ook aan mekaar voorgestel om ‘n netwerk te vorm wat die hele Suid-Afrika mettertyd saam kan verbeter en ophef.

Opleiding vind plaas deur die wortels van armoede uit te lig, daarna word die talente van die kop, hard en hande uitgelig. ‘n Kaart van hul eie omgewing bewys kursusgang­ers dat hulle in hul omgewing aangepas en georiëntee­rd is.

Die hoogtepunt is die voorleggin­g van ‘n virtuele besigheids­plan.

Hierdie kursus is geakkredit­eer deur Ikhala Trust en sertifikat­e word uitgereik.

 ??  ?? Die kursusgang­ers het vanaf Hofmeyr gereis om vir drie dae in Molteno hul opleiding te voltooi. Vir baie van hulle was dit hul eerste opleidings­geleenthei­d waar daar nie navrae gedoen is na hul vorige ondervindi­ng of vlak van skoolonder­rig nie. Voor, van links: Nico du Plooy, Ella Kleinveld, Dinah Booysen, Brenda du Plooy, Lety Runyambo en Lindiwe Sintu. Agter: Teresa Opperman, medeorgani­seerder van die opleiding en bestuurder van Hofmeyr Hugs of Hope.
Die kursusgang­ers het vanaf Hofmeyr gereis om vir drie dae in Molteno hul opleiding te voltooi. Vir baie van hulle was dit hul eerste opleidings­geleenthei­d waar daar nie navrae gedoen is na hul vorige ondervindi­ng of vlak van skoolonder­rig nie. Voor, van links: Nico du Plooy, Ella Kleinveld, Dinah Booysen, Brenda du Plooy, Lety Runyambo en Lindiwe Sintu. Agter: Teresa Opperman, medeorgani­seerder van die opleiding en bestuurder van Hofmeyr Hugs of Hope.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa