Oudtshoorn Courant

Helpende Hand reis deur Oos-Kaap

-

Drie vroue van Solidarite­it Helpende Hand het duisende kilometers deur die Oos-Kaap gereis om takke te besoek en ‘n beter begrip te kry van die omstandigh­ede waarin mense wat swaarkry, leef.

Marlene Basson, Oos-Kaapse streekbest­uurder van Solidarite­it Helpende Hand, Madeleine Swanepoel (Solidarite­it Helpende Hand-maatskapli­ke dienste Noord-Kaap) en Lizé van Zyl (nuut aangesteld­e Solidarite­it Helpende Handmaatsk­aplike dienste vir die Oos-Kaap) het die afgelope week dié verkenning­stoer deur die Oos-Kaap onderneem.

Hulle het al die Helpende Hand-takke in die Oos-Kaap oor ‘n tydperk van 10 dae besoek om vir Lizé aan die takvoorsit­ters en bestuursle­de voor te stel en ook onderhoude te voer waar nodig. Daar is ook besoek gebring aan talle Ons Winkeltakk­e en raad en leiding is gegee waar nodig.

Hulle was in Patensie, Hankey, Humansdorp, Jeffreysba­ai, Uitenhage, Jansenvill­e, Aberdeen, Graaff-Reinet, Middelburg, Hofmeyr, Cradock, Somerset-Oos, Despatch en Port

Elizabeth.

“Ons het duisende kilometers afgelê, gelag, gekyk, gesels en idees uitgeruil,” sê Basson.

Skole is ondersteun met skenkings, takke is besoek en gesprekke is met bestuursle­de en maatskapli­ke werkers gevoer.

“Ons het ook die Ons Winkels van Helpende Hand en netwerke besoek en dan nog so ’n paar ondersteun­ers ook gewerf. Hoewel ek nie eintlik enige besoekpunt kan uitlig nie, was die besoek aan Huis Welverdien­d in Jansenvill­e en die talle takke van Ons Winkel regtig vir ons hoogtepunt­e,” vertel Basson.

“Dit is dikwels in die kleinste, armste dorpies, waar ons die meeste aktiwiteit opspoor en waar Helpende Hand-lede saamwerk om ‘n ligpunt in omgewings soos in Jansenvill­e, Hofmeyr en Aberdeen te skep.

“Dit is wanneer Helpende Hand-lede deur hul betrokkenh­eid by dié mense hulle uit die duisternis lig, dat Helpende Hand sigbaar raak en ons meer lede kan werf wat voel dat hulle ook wil deel wees van positiewe opheffings­werk.”

 ??  ?? Die drie vroue van Solidarite­it Helpende Hand wat onlangs vir 10 dae deur die Oos-Kaap getoer het om takke te besoek, is van links: Madeleine Swanepoel (Noord-Kaapstreek), Lizé van Zyl (OosKaapstr­eek) en Marlene Basson, (Oos-Kaapse en KwaZulu-Natalse streekbest­uurder). Hier kuier hulle gesellig by Coldstream in Graaff-Reinet.
Die drie vroue van Solidarite­it Helpende Hand wat onlangs vir 10 dae deur die Oos-Kaap getoer het om takke te besoek, is van links: Madeleine Swanepoel (Noord-Kaapstreek), Lizé van Zyl (OosKaapstr­eek) en Marlene Basson, (Oos-Kaapse en KwaZulu-Natalse streekbest­uurder). Hier kuier hulle gesellig by Coldstream in Graaff-Reinet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa