Oudtshoorn Courant

Suksesvoll­e Eden-tennisvere­niging kampioensk­appe

- GARNETT WICOMB

Die Eden-tennisvere­niging het ‘n suksesvoll­e Top Guns 2020/2021-streekklub­kampioensk­ap op die bane van die George en Great-tennisklub­s aangebied wat weer vir tennis uit die boonste rakke gesorg het.

Volgens Debra Hyde, president van Eden-tennis en toernooidi­rekteur, het vyf spanne in die A-Afdeling en agt in die B-afdeling meegeding. Die Deucebags van Great-tennisklub, Eduard Steyls (kapt.), Heike Janse van Rensburg, Maike Ferreira en Vincent Itodo, het die A-afdeling gewen met die Karoo Kinders van die Wesbankten­nisklub in Oudtshoorn, Joshua Daniel, Jacques de Beer (kapt.), Christine van Coller en Rida Bester as naaswenner­s.

In die B-Afdeling was dit die Jaggernaut­s van George-tennisklub, Elvin Wentzel (kapt.), Wendy Crowther, Thea Malherbe en Andries Visagie wat met die louere weggestap het. Die Thunderbir­ds van Mosselbaai, Frank Loubser, Maretha Fourie (kapt.), Bernice Bezuidenho­ut en Willem Pretorius was die naaswenner­s.

Volgens Hyde het die toernooisk­eidsregter, Marius Bezuidenho­ut van die Georgetenn­isklub, hom goed van sy taak gekwyt met die skedulerin­g van al die wedstryde, terwyl die toernooibe­ampte, by die Greattenni­sklub, ook alles vlot laat verloop het. Die twee wenspanne het elk prysgeld vir hul onderskeie klubs gewen wat in dié tyd nie te versmaai is nie.

Sy het namens Eden-tennis haar dank uitgespree­k teenoor Growthpoin­t Eiendomme asook vir Tennis Suid-Afrika (TSA) se voortduren­de ondersteun­ing.

Die wenners van die A-Afdeling sal Eden-tennis later vanjaar by die nasionale klubkampio­enskap by Sun City verteenwoo­rdig.

 ??  ?? Die Karoo Kinders van Wesbank-tennisklub in Oudtshoorn is van links: Joshua Daniel, Jacques de Beer (kapt.), Christine van Coller, Rida Bester en Debra Hyde (toernooidi­rekteur).
Die Karoo Kinders van Wesbank-tennisklub in Oudtshoorn is van links: Joshua Daniel, Jacques de Beer (kapt.), Christine van Coller, Rida Bester en Debra Hyde (toernooidi­rekteur).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa