Oudtshoorn Courant

Hungry Lions verskeur Spartans in Vlakkiekri­eket

- WYNDHAM EWERTS

OUDTSHOORN - Die voormalige OPLvlakkie­krieketkam­pioene, Hungry Lions, het verlede Sondag by die oop stuk veld langs Bridgton-kliniek gewys dat daar nog baie byt in sy blaf is toe hy die Spartans oortuigend met 52 lopies geklop het.

Die Spartans het die loot gewen en tot hul spyt, die Lions ingestuur om eerste te kolf. Lions kon in hul 20 toegelate boulbeurte ‘n redelike mededingen­de 86 lopies aanteken waarvan hul o.19 Proteaspel­er, Tyrese Karelse, 24 lopies bygedra het. Spartans se kolfbeurt kon van meet af nie hond haaraf maak nie, en is vir 37 lopies in die 16de boulbeurt, almal uitgeboul.

Lions se boulers, wat verwoestin­g met die bal gesaai het, was Juan Murphy (drie paaltjies), Jean Claud Lucas (twee paaltjies) en Tyrese Karelse (twee paaltjies). In nog ‘n wedstryd wat op dieselfde veld gespeel was het die nuwelinge van die liga, Old Crocks Ostrich Giants voortgebou op hul goeie begin toe hulle die Firestones-span (verdedigen­de kampioene) met 11 lopies verslaan het.

Die Crocks het ‘n uitdagende 99 lopies in hul kolfbeurt gemoker met veral Merlin Masimala wat met sy flitsende kolf (52 lopies) die grootste skade aangerig het. Ondanks dié kolfaansla­g het Firestones se Franklin Stuurman met (drie paaltjies vir 10 lopies) en Damion Esau (twee paaltjies vir sestien lopies) boulsyfers geëindig.

Firestones se kolfbeurt het katastrofi­es begin met die toporde wat gesamentli­k slegs 11 lopies kon aanteken. Was dit nie vir weerstand deur Petrus Fredericks (38 lopies) en Damion Esau (18 lopies) sou die nederlaag veel erger gewees het.

Die verdedigen­de kampioen kon sedert die aanvangs van vanjaar se OPL-liga nog geen wedstryd wen nie. Volgens hul kaptein, Johben Barends, is hy glad nie bekommerd oor sy span se vertonings nie.

“Ons is tans besig om sleutelspe­lers te roteer, maar ons is baie na aan ons ideale 11-tal.

Vir ons is daar dus geen rede om bekommerd te wees nie omdat ons in beide ons verloorwed­stryde steeds goeie krieket gespeel het. We will be back. My eie kolfverton­ings behoort ook binnekort te kliek,” het hy gesê.

In nog ‘n wedstryd het die Dream Team die Legends met 9 paaltjies geklop.

 ??  ?? Nicole Mafeking, kookwater-hulpdoel van Asherville Sekondêr, strek akrobaties om die bal by te kom.
Nicole Mafeking, kookwater-hulpdoel van Asherville Sekondêr, strek akrobaties om die bal by te kom.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Tyrese Karelse
Foto’s: Wyndham Ewerts Tyrese Karelse
 ??  ?? Jody Meyer (links), senter van Spandaus, is opgeneem in die o.14-span wat Vrydag in Oos-Londen aan die eindstryd in die proewe gaan deelneem.
Jody Meyer (links), senter van Spandaus, is opgeneem in die o.14-span wat Vrydag in Oos-Londen aan die eindstryd in die proewe gaan deelneem.
 ??  ?? Speler van Hungry Lions word uitgehardl­oop.
Speler van Hungry Lions word uitgehardl­oop.
 ??  ?? Clifton Olivier van die Dream Team stuur een van sy blitsaflew­erings af.
Clifton Olivier van die Dream Team stuur een van sy blitsaflew­erings af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa