Oudtshoorn Courant

Spring Roses verower OLFA-Liga

- WYNDHAM EWERTS

Vreugdevur­e het Sondag hoog in Dysselsdor­p gebrand nadat die Spring Roses-sokkerklub hul eweknie van Black Eagles in die eindstryd van die OLFA-liga (Oudtshoorn Plaaslike Sokkervere­niging) op Dysselsdor­p-stadion met 5-1 afgeransel het.

Met hierdie oorwinning het Spring Roses ‘n wisseltrof­ee plus R10 000 prysgeld ingepalm. Elke speler en beampte het ook ‘n goue medalje ontvang. Spring Roses sal OLFA later vanjaar verteenwoo­rdig tydens Safa Edenuitspe­elwedstryd­e vir ‘n plek in die streekliga wat in Plettenber­gbaai gespeel sal word.

Die Super Strikers-sokkerklub (ook van Dysselsdor­p) het dieselfde punte (35) na 14 wedstryde gehad.

Super Strikers het op die veld langs Spring Roses, teen Springbok gespeel en hulle ‘n loesing van ses doele teenoor nul gegee. Albei klubs het dus met hul onderskeie oorwinning­s met 38 punte na 15 wedstryde geëindig, maar omdat Spring Roses se doelverski­l 35 doele is teenoor Super Strikers se 30, is Spring Roses as die ligawenner­s vir die 2020/2021 seisoen gekroon.

In die wedstryd tussen Spring Roses en Black Eagles was dit reeds in die eerste helfte duidelik dat Roses in ‘n klas van hul eie is. Roses se puik beheer oor die sokkerbal het die skare se tone gereeld laat krul van pure lekkerte. ‘n Aspek wat ook in Roses spel uitgestaan het was hul fisiese houding in die kontaksitu­asies. Die manne in pienk het nie ‘n duit teruggesta­an vir hul opponente nie en het selfs in die lug deurslagge­wende balle keer op keer gewen wat die doelskoppe­rs gereeld in gunstige posisies in die 18 area-strafgebie­d geplaas het. Vir hul ondernemen­de spel is Roses met drie doele teenoor die een van Black Eagles in die eerste helfte beloon.

Die tweede helfte was soos verwag, eenrigting­verkeer met Roses wat met nog meer selfvertro­ue gespeel het - tot groot vermaak van die skare wat weens Covid-19-regulasies aan die buitekant van die heining, die wedstryd moes kyk. Roses het nog twee doele bygevoeg wat die eindtellin­g op 5-1 gebring het. Vir Roses het Henry Korkee (twee doele), Corné Bessie, Johannes Kortie en Jason Maquassa elk ‘n doel aangeteken. Altesaam 16 spanne, het vanjaar deelgeneem aan die toernooi wat spanne van Dysselsdor­p, Oudtshoorn,

De Rust en Kammanassi­e ingesluit het. Oudtshoorn se twee verteenwoo­rdigende spanne, Athletico en Bongolethu­sokkerklub­s, het onderskeid­elik in die 11de en 12de posisie op die punteleer geëindig.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die seëvierend­e Spring Roses-sokkerklub.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die seëvierend­e Spring Roses-sokkerklub.
 ??  ?? Dis my bal... Nee! Dis my bal.
Dis my bal... Nee! Dis my bal.
 ??  ?? Spring Roses (pienk) het 65% balbesit geniet.
Spring Roses (pienk) het 65% balbesit geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa