Oudtshoorn Courant

SA Tweekamp vereer McKay

- WYNDHAM EWERTS

‘n Groot eer het Yvonne McKay, boorling van Oudtshoorn, te beurt geval toe SA Tweekamp onlangs tydens hul algemene jaarvergad­ering die Honoris Causatoeke­nning aan haar toegeken het. Mckay sê dat sy besonders geëerd voel om met dié hoogste toekenning van SA Tweekamp vereer te word en het Dave van der Walt as een van haar mentors oor die jare uitgesonde­r.

Volgens Van der Walt is McKay sedert 1992 betrokke by Eden-tweekamp en het sy volgens hom ‘n onuitwisba­re bydrae, nie net tot die administra­sie nie, maar ook die algemene uitbreidin­g van tweekamp in hierdie gebied, gelaat.

“Vir 15 jaar lank was sy die sekretaris­tesourier en toe die poste geskei het, het sy die tesouriers­kap oorgeneem en doen dit steeds. Oor die jare heen het Eden-tweekamp nog nooit iets anders as ‘n skoon oudit gekry nie - voorwaar ‘n unieke prestasie. Ook op die gebied van spanbestuu­r het sy al ‘n instelling geword en mentor sy tans ook ons jonger geslag spanbestuu­rders. In die dae toe dit nog maar finansieel broekskeur gegaan het, het sy ook ingestaan as “moeder” en die span se kosvoorber­eiding hanteer. Niks wat ooit te veel vir haar nie en bied sy steeds haar hulp aan.”

McKay het ook op die reëlingsko­mitee van SA Tweekamp in 2001, 2013, 2020 en 2021 gedien en oor baie jare die Highgate interprovi­nsiale tweekampto­ernooi help reël. Mckay sê dat sy nie beplan om in die nabye toekoms af te tree nie en sien daarna uit om tweekamp nog heelwat jare saam met Van der Walt te bedien.

 ?? Foto verskaf ?? Yvonne McKay
Foto verskaf Yvonne McKay

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa