Oudtshoorn Courant

Borgtog vir man wat ma van sy kinders verkrag

- GARNETT WICOMB

BEAUFORT-WES - Borgtog van R500 is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof toegestaan aan ‘n man van Beaufort-Wes wat van verkragtin­g en aanranding van die ma van hul twee kinders aangekla word.

Errol van Wyk (39) word daarvan aangekla dat hy die vrou op 10 Desember 2020 in haar huis verkrag en ook aangerand het. Hy is die volgende dag in hegtenis geneem. Van Wyk het erken dat hy en die vrou die betrokke aand seks gehad het en dat hy onskuldig sal pleit.

Sy regshulppr­okureur, Cindy MurraySmit­h, het die hof vir borgtog gevra omdat hy reeds vyf maande in aanhouding is, oor ‘n eie woning beskik, sy eie besigheid het, en nie ‘n vlugrisiko is nie.

Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het borgtog teengestaa­n omdat die vrou haar meegedeel het dat sy in vrees lewe vir die beskuldigd­e. Hy slaan haar en die twee kinders glo gereeld en is in 2018 ook aan gesinsgewe­ld skuldig bevind. Hy het in die verlede ook ’n beskerming­sbevel verontagsa­am.

Die ondersoekb­eampte, sers. Ludwe Dlambulo, het nie borgtog teengestaa­n nie omdat die vrou hom meegedeel het dat sy nie bedreig voel nie. Sy het hom net versoek om die hof te vra vir baie streng borgtogvoo­rwaardes.

Streekland­dros Daniel Boks het in ag geneem dat geen getuienis voor die hof is dat die beskuldigd­e ‘n vlugrisiko is nie en die ondersoekb­eampte nie borgtog opponeer nie. Hy is ook nog nie skuldig bevind nie.

Van Wyk se borgtogvoo­rwaardes is dat hy nie mag kontak maak met die klaagster nie, en elke Maandag en Vrydag by die BeaufortWe­s-polisiesta­sie rapporteer.

Die saak is vir verhoor in die streekhof op Beaufort-Wes tot 10 Mei uitgestel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa