Oudtshoorn Courant

De Villiers en Looser bobaas by 36ONE

-

OUDTSHOORN - Oudtshoorn se eie Yolande de Villiers en Konny Looser van Switzerlan­d het die afgelope naweek se gewilde 36ONE MTB C hal l enge bergfietsw­edren gewen.

Deelnemers moes die uitdagende sirkelroet­e wat 360° om Oudtshoorn beslaan, en 361 km lank is, binne 36,1 uur voltooi. Dié wedren, wat deur Dryland Event Management en 36ONE Asset Management geborg is, is vanjaar vir die 10de keer aangebied.

Die topdrie mans het een sekonde uitmekaar oor die wenstreep gejaag om die 2019-rekord van Ramses Bekkenk te breek.

Christiaan Janse van Rensburg het tweede na Looser geëindig gevolg deur Dirk Coetzee van Namibië wat in derde plek was. De Villiers met ‘n algehele 7de plek, het die 2018 dames rekord met ‘n tyd van 15:11:22 gebreek.

Dit was ook die eerste keer dat sy in die 361km solo kategorie deelgeneem het.

Fienie Barnard het die tweede plek behaal, met Bianca Cooper wat derde was. Braam Wannenburg van Oudtshoorn, ‘n groot gunsteling by vanjaar se wedren, het die vierde plek behaal.

Dié unieke bergfietsw­edren het vanjaar meer as 600 entoesiast­e van oor die wêreld gelok om deel te neem aan verskeie kategorieë, ondermeer die volle uitdaging van 361 km, die helfte van 180 km, asook twee aflosopsie­s vir twee of vier persone. Vyftig persent van deelnemers keer elke jaar terug om te kan spog met die prestasie en doel om een van Suid-Afrika se langste enkelskofw­edrenne te voltooi.

Nog plaaslike talent was die Cycle Addict-span wat ‘n derde plek behaal het in die twee-persoonafl­oskategori­e. Die Gearup-sportspann­e het onderskeid­elik ‘n derde en vyfde plek losgeslaan in die vierpersoo­n-afloskateg­orie. Die 180 km-kategorie hoef geensins terug te staan vir die ander kategorieë nie, aangesien dié gedeelte van die roete vir meeste deelnemers as die eintlike uitdaging gesien word met Rooiberg en die Drie Susters-roetes wat oorwin moet word.

Oudtshoorn se Chantelle Terblanche en Louis Visser was die wenners in dié solokatego­rieë vir mans en dames.

Rekord tye wat vanjaar behaal is:

Kenny Looser (13:26:14)

Yolande de Villiers ( 15:11:22)

 ??  ?? Die solo-kategoriew­enner, Yolande de Villiers (middel). Links is Fienie Barnard (tweede plek) en regs is Bianca Cooper.
Die solo-kategoriew­enner, Yolande de Villiers (middel). Links is Fienie Barnard (tweede plek) en regs is Bianca Cooper.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa