Oudtshoorn Courant

Aalwyneila­nd in lushof omskep

- TERESA OPPERMAN

CRADOCK - Vroeër jare het hierdie eiland by Frerestraa­t as die roostuin bekendgest­aan.

Só vertel ‘n inwoner, Rita Botha, wat oorkant die pragtig versorgde aalwyneila­nd bly.

Omdat niemand enige instandhou­ding gedoen het nie, het die tuintjie mettertyd baie agteruitge­gaan en het later net uit gras en bossies bestaan.

“Die gemeenskap van Cradock waardeer regtig insette, soos hierdie gewaardeer­de poging deur ‘n baie besige en aktiewe lid van die gemeenskap, Celest Lombard. Nie alleen bedryf Celest ‘n spysenieri­ngsbesighe­id nie, sy is ook ‘n boervrou wat haar kant bring met die boerdery.”

Die aalwyneila­nd, wat so netjies versorg word, is ‘n lus vir die oog en menige toeris stop daar om foto’s te neem, veral noudat die aalwyne in volle blom staan. Dié tuin is onder leiding van die Cradock-forum, in samewerkin­g met talle vroue uit die gemeenskap, geskep om die roete deur die dorp te verfraai.

Lou Venter, voorsitter van die forum, sê daar word deurgaans pogings aangewend om die tuine te onderhou, maar dis nie oral ewe suksesvol nie. “Die effek wat die aalwyne skep wanneer dit vroeg in Oktober tussen die klippe en stompe blom, is van onskatbare waarde om kaal kolle wat vroeër ‘n seeroog was, in ‘n aantreklik­e lafenister­rein te omskep.

“Dit is vroue soos Celest, en vele ander, wat ons dorpe op die platteland versorg en staande hou en gaan regtig uit hul pad om ‘n lushof vir verbygange­rs en inwoners te skep.”

Dié lushof het ook baie besoekers getrek tydens die kanomarato­n wat jaarliks in Cradock aangebied word.

 ?? ?? Die aalwyneila­nd in Cradock is ‘n lus vir die oog en menige toeris stop daar om foto’s te neem.
Die aalwyneila­nd in Cradock is ‘n lus vir die oog en menige toeris stop daar om foto’s te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa