Oudtshoorn Courant

Nuwe hoop vir Huis Triomf

- LIEZL VAN NIEKERK EN HANNES VISSER

OUDTSHOORN - Nuwe en opwindende veranderin­ge wag vir ACVV Huis Triomf nadat daar enkele maande gelede gevrees is dat die tehuis gaan toemaak as gevolg van finansiële druk en onvoldoend­e staatsibsu­dies. Twee maande gelede het Barn Christian Fellowship, ‘n kerkgroep in Gauteng, onderneem om dié kinder- en jeugsorgse­ntrum finansieel by te staan.

Hulle betrokkenh­eid en visie vir die Karoo se enigste kinderhuis vir seuns, is verlede week bevestig. Verskeie rolspelers is verlede Dinsdagaan­d na ‘n inligtings­essie by die Cape Karoo Ostrich Emporium genooi en dit is opgevolg deur Huis Triomf se algemene jaarvergad­ering verlede Donderdag. Volgens Roelof Kwant, pastoor van Barn Christian Fellowship, wat die vergaderin­g gelei het, het die vorige bestuur “fantasties­e fondamente vir die nuwe bestuur gelê”, en sal die nuwe bestuur wat Donderdaga­and verkies is, hierop voortbou.

“Hulle het deur ‘n baie moeilike tyd hul bes vir die kinders gedoen. Die nuwe bestuur gaan op die boustene voortbou om ‘n nog groter sukses van die sentrum te maak.”

Barn Christian Fellowship het sowat drie maande gelede van Huis Triomf te hore gekom toe Marie Sukers, die ACDP se parlements­lid vir die Karoo, hulle genader het. Sukers het gesê sy het Kwant genader vir hulp omdat sy weet dat Barn Christian Fellowship reeds groot suksesse met projekte vir kinders behaal het.

Die bestuur wat Donderdaga­and verkies is, is Suné Rupping, Brende Brits, Kwant, Willie Coetzee, Handri Calitz, Crystal Muller, Nick Maritz, Leigh Candish en Ingrid Noble.

Kwant het verder gesê dat daar nuwe en opwindende vooruitsig­te vir die sentrum is.

“Die munisipali­teit het onderneem om ons afslag op die water- en kragrekeni­ng te gee. Ons beplan ook om die sentrum ‘n nuwe naam te gee. Ons kyk op die stadium na ACVV Huis Elroi. Elroi is ‘n Hebreeuse woord wat ‘the God who sees me’ beteken en dit is presies wat die kinders nodig het, ‘n plek waar hulle glo God hulle sal raak sien.”

Volgens Kwant is dit ‘n groot prioriteit om ‘n ander perseel vir die tehuis te kry aangesien die huidige een nie geskik is vir kinders nie. Hy het genoem dat hulle reeds na moontlike persele gekyk het, maar dat dit ‘n lang proses is.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Van links is: Roelof Kwant, Willie Coetzee, Handri Calitz, Ingrid Noble, Christal Muller (bestuurder van Huis Triomf) en Nick Maritz. Voor: Eunice Strydom (streekbest­uurder vir ACVV-beskerming­sdienste in die Klein-Karoo) en Brende Brits.
Foto: Liezl van Niekerk Van links is: Roelof Kwant, Willie Coetzee, Handri Calitz, Ingrid Noble, Christal Muller (bestuurder van Huis Triomf) en Nick Maritz. Voor: Eunice Strydom (streekbest­uurder vir ACVV-beskerming­sdienste in die Klein-Karoo) en Brende Brits.
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Suné Rupping stel Roelof Kwant aan die gaste voor tydens verlede Dinsdagaan­d se inligtings­essie.
Foto: Hannes Visser Suné Rupping stel Roelof Kwant aan die gaste voor tydens verlede Dinsdagaan­d se inligtings­essie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa