Oudtshoorn Courant

Brand rig groot skade aan

- HANNES VISSER

‘n Brand wat Dinsdagmid­dag omstreeks 13:00 op die terrein van PSP-saagmeule uitgebreek het, het gedreig om buite beheer te raak, maar kon sowat drie ure later gestuit word. Volgens ‘n senior werknemer by PSP het die brand in die omgewing van ‘n vraghouer aan die agterkant van die terrein ontstaan en blitsvinni­g versprei.

“Die hout wat daar geberg word is kurkdroog, dit is vandag baie warm en die wind waai ook nog, ek weet nie of ons hom (die brand) gaan keer nie,” het hy aan Oudtshoorn Courant gesê terwyl die brandweer en werkers van PSP die vlamme bestry het.

Brandbestr­yders van die weermag het ook by die toneel aangekom. Kort daarna het trekkers en vragmotors met watertenks opgedaag wat deur ‘n boerderygr­oep en twee vervoermaa­tskappye gestuur is om te help. Met hulle bystand kon werknemers daarin slaag om ‘n breë brandbaan te maak om die brand tot een plek te beperk. Alhoewel daar voorkom is dat die brand verder versprei en geboue en masjiene bedreig, is honderde duisende rande se houtvoorra­ad deur die vlamme verswelg. ‘n Groot gedeelte van die heining aan een kant van die perseel sowel as kragpale het ook in die slag gebly.

Aanvanklik het die wind gehelp om die brand in die rigting van die heining te stuur, maar toe het die wind gedraai en ander stapels hout laat vlamvat. ‘n Brandweerw­a van Mosselbaai en ‘n groot tenkwa van George-brandweer het ook opgedaag om die brand te beheer.

Adel Supra-Vertue, Oudtshoorn se brandweerh­oof, was deurentyd op die toneel en het Dinsdagmid­dag bevestig dat die brand onder beheer gebring is, maar nog geruime tyd gemonitor sou word. Geen vaste eiendom is bedreig nie, maar as voorsorgma­atreël is die kantoorgeb­oue van PSP ontruim. Die seuns en personeel van ACVV Huis Triomf, wat langs die ingang na PSP geleë is, is ook ontruim asook die munisipale kantore wat langs PSP geleë is. Groot groepe nuuskierig­e inwoners het saamgedrom om die brand te aanskou. Die oorsaak van die brand is op hierdie stadium nie bekend nie.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? ‘n Infromele blyplek langs die saagmeule word deur die vlamme en rook verdwerg.
Foto’s: Hannes Visser ‘n Infromele blyplek langs die saagmeule word deur die vlamme en rook verdwerg.
 ?? ?? ‘n Werknemer veg verbete teen die vlamme toe dit gelyk het asof die brand buite beheer raak.
‘n Werknemer veg verbete teen die vlamme toe dit gelyk het asof die brand buite beheer raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa