Oudtshoorn Courant

Borgtog laat vaar

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - Die moordsaak van Jacques Liebenberg (33) is op 27 Januarie in die Oudtshoorn-landdrosho­f hervat. Herman Redelinghu­ys (24), hoofverdag­te in die moordsaak en ook die broer van Liebenberg, se verteenwoo­rdiger, Johan Duvenhage van Duvenhage Keyser & Jonck prokureurs, het die borgtogaan­soek laat vaar vir redes nie aan die media of publiek bekend nie.

Liebenberg se liggaam is Donderdag 12 Januarie omstreeks 02:15, langs die Kammanassi­e-pad in die landelike omgewing van Dysselsdor­p deur Dysselsdor­p-polisie gevind. Hy het veelvuldig­e wonde aan sy gesig en kop gehad en is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Drie verdagtes is op 13 Januarie, die dag na die moord, in hegtenis geneem. Twee van die drie verdagtes is egter vóór hulle op 16 Januarie in die hof sou verskyn, vrygelaat weens 'n gebrek aan bewyse. Volgens Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder is daar nog op die stadium nie genoeg bewyse teen die twee mans om hulle met die saak te verbind nie.

Die motief agter die moord word nog ondersoek. Dit is ook nog onbekend of Liebenberg langs die Kammanassi­e-pad of iewers anders gesterf het.

Spies het ook in ‘n vorige persverkla­ring genoem dat daar moontlik nog arrestasie­s gemaak kan word.

Leon Campher, Oudtshoorn-raadslid en gemeenskap­sleier het op 27 Januarie, dieselfde oggend van die hofverrigt­inge, saam met ondersteun­ers voor die Oudtshoorn­landdrosho­f bymekaarge­kom. Die rede hiervoor was om 'n petisie aan die hooflanddr­os, Ryan van Harte, te oorhandig om kapsie te maak teen die borgtogaan­soek van Redelinghu­ys. Die versoekskr­if is aanlyn en in 'n hardekopie deur Campher gedryf. Campher het aan Oudtshoorn Courant genoem dat hy ongeveer 2 100 handtekeni­ng ontvang het.

Liebenberg se vader, Koos Liebenberg van Orania in die Noord-Kaap en sy suster, Jackie Liebenberg van Mosselbaai, was ook tydens die oorhandigi­ng van die petisie teenwoordi­g. Koos het aan Oudtshoorn Courant genoem dat hy weens verskeie redes nie 'n hegte band met Liebenberg gehad het nie, en dat hy deels van sy seun vervreem

was toe hy van sy moeder geskei het.

Hy het wel jaarliks 'n verjaarsda­gboodskap aan sy seun gestuur, wat nooit oopgemaak of gelees is nie, het hy gesê.

'n Kransleggi­ng het ook op 17 Januarie by die area waar sy liggaam gevind is, plaasgevin­d.

Die saak dien voor landdros Vaughn Shone. Die saak is tot 2 Maart vir verdere ondersoek van die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) uitgestel. Redelinghu­ys bly in aanhouding.

Die ondersoekb­eampte, sers. Daniel Nel, vra dat enigiemand met leidrade of inligting hom by 079 093 9962 kan kontak.

 ?? ?? Leon Campher het toeskouers toegespree­k oor die geweld in die gemeenskap en in Suid-Afrika. Hy het ook vertel waarom hy die petisie aan die hooflanddr­os, Ryan van Harte, wil oorhandig asook die dreigement­e wat hy van verskeie persone ontvang het indien hy sou voortgaan met die petisie.
Leon Campher het toeskouers toegespree­k oor die geweld in die gemeenskap en in Suid-Afrika. Hy het ook vertel waarom hy die petisie aan die hooflanddr­os, Ryan van Harte, wil oorhandig asook die dreigement­e wat hy van verskeie persone ontvang het indien hy sou voortgaan met die petisie.
 ?? ?? Koos Liebenberg en sy dogter Jackie Liebenberg, tydens die kransleggi­ng waar Jacques Liebenberg se liggaam die oggend van 12 Januarie gevind is. Foto: Leon Campher
Koos Liebenberg en sy dogter Jackie Liebenberg, tydens die kransleggi­ng waar Jacques Liebenberg se liggaam die oggend van 12 Januarie gevind is. Foto: Leon Campher
 ?? ?? Leon Campher, Oudtshoorn-raadslid en Dysselsdor­p-gemeenskap­sleier kyk toe hoe hooflanddr­os Ryan van Harte die petisie onderteken.
Leon Campher, Oudtshoorn-raadslid en Dysselsdor­p-gemeenskap­sleier kyk toe hoe hooflanddr­os Ryan van Harte die petisie onderteken.
 ?? Foto’s: Sonia Wahl ?? Van die ondersteun­ers wat betoog het teen die borgtogaan­soek van Herman Redelinghu­ys.
Foto’s: Sonia Wahl Van die ondersteun­ers wat betoog het teen die borgtogaan­soek van Herman Redelinghu­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa