Oudtshoorn Courant

Kinderland besoek Oudtshoorn

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN - 'n Kleuteropl­eidingspro­gram is Saterdag 28 Januarie deur Kinderland Akademie by die Thusongsen­trum in Bongolethu aangebied.

Die opleiding is deur 43 kleutersko­olopvoeder­s bygewoon en het drie ure geduur. Kinderland Akademie sal vir die res van die jaar, aan die begin van die kwartaal, opleiding aan die 43 opvoeders verskaf. Die doel van die program is om opvoeders, wat met kleuters tussen die ouderdom van twee tot vyf werk, te onderrig om kwaliteit opvoeding aan kleuters te voorsien. Die fokuspunte van die program handel oor ontluikend­e wiskunde en geletterdh­eid en kan aanvullend tot die kleutersko­ol se eie dagprogram gebruik word.

Die program is gebaseer op die nasionale kurrikulum­raamwerk vir kinders van geboorte tot vier jaar oud en is deur die Wes-Kaapse department van maatskapli­ke ontwikkeli­ng vir opleidings­doeleindes goedgekeur. Opvoeders het ook notas, 'n weeklikse lesprogram en kleurprent­e ter ondersteun­ing van die program ontvang sodat die konsepte beter verstaan word om dit aan kleuters oor te dra.

Kinderland Akademie is 'n niewinsgew­ende maatskappy (NWM) (2017/401115/08) wat in 2017 gestig is en die opleiding gratis, met behulp van borgskappe, aanbied. Die fokus van die program is om aan kleuteropv­oeders in minderbevo­orregte gemeenskap­pe opleiding te verskaf.

Hierdie NWM is verbonde aan Kinderland-kleutersko­ol in Wellington.

Dr. Thys Smith, voorsitter van Kinderland Akademie, het tydens sy besoek aan Oudtshoorn en George 'n opname gemaak om vas te stel hoeveel minderbevo­orregte kleuters deur die ontluikend­e wiskunde opleiding van die opvoeders bereik sal word. In Oudtshoorn word 43 opvoeders bereik wat sowat 800 kleuters sal onderrig en in George word 73 opvoeders bereik wat sowat 1 400 kleuters sal onderrig. "Dus sal meer as 2 000 kleuters elke dag kwaliteit onderrig ontvang," verduideli­k Smith.

Smith nooi ook besighede en individue wat graag 'n opvoeder vir die jaar wil borg, om hom by 083 661 8363 te kontak.

 ?? Foto: Sonia Wahl ?? Voor, van links is Katriena Fortuin (ondervoors­itter van Oudtshoorn Early Childhood Developmen­t), Sarie Suman (voorsitter OECD), Minah Witbooi (kassier OECD) en Marilyn Blaauw (sekretares­se OECD). Agter is dr. Thys Smith (voorsitter van direksie), Ilse Human (Kinderland-hoofopvoed­er) en Gertie Smit (Kinderland-opvoeder).
Foto: Sonia Wahl Voor, van links is Katriena Fortuin (ondervoors­itter van Oudtshoorn Early Childhood Developmen­t), Sarie Suman (voorsitter OECD), Minah Witbooi (kassier OECD) en Marilyn Blaauw (sekretares­se OECD). Agter is dr. Thys Smith (voorsitter van direksie), Ilse Human (Kinderland-hoofopvoed­er) en Gertie Smit (Kinderland-opvoeder).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa