Oudtshoorn Courant

Badgers klop Eagles

- WYNDHAM EWERTS

Die Six Gunn Grill Garden Route Badgers-manskrieke­tspan het die afgelope naweek hul jaarlikse vriendskap­like wedstryd teen die SWD Eagles met 57 lopies gewen. In die proses het die Badgers die Daisy Business Solutions wisseltrof­ee behou.

Daar moet egter bygevoeg word dat die Eagles in hierdie wedstryd baie goeie rekenskap van hulself met bal en kolf gegee het. Die Badgers het eerste gekolf en 'n intimidere­nde telling van 217 vir die verlies van sewe paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte opgestapel.

Badgers se kolwers Jean du Plessis (54) en André Malan (37) se flitsende kolwe het Eagles se boulers behoorlik gekasty met die Eagles se veldwerker­s wat gereeld die bal agter die grens moes optel.

Ook die bouler Marcello Piedt het 'n waardevoll­e warrelwind­beurt van 26 lopies aangeteken. Clemen Lewis (2/55) en Deon Carstens (3/17) was die Eagles se beste boulers.

In die Eagles se kolfbeurt het die Badgers se openingsbo­uler Basheer Walters vir groot vermaak gesorg toe hy met sy eerste bal van die beurt agt glipveldwe­rkers gehad het met slegs een veldwerker op die wegkant se grens. Walters het egter met die tweede bal weer sy veld uitgesprei soos normaalweg die geval sou wees.

Die Eagles se kolwers kon 160/8 in hul kolfbeurt aanteken en hiermee sonder twyfel gewys dat hulle definitief oor goeie basiese kolftegnie­ke beskik. Dit was veral Adriaan van der Bank wat met sy uitstekend­e beurt van 71 lopies, beïndruk het.

Vir die Badgers het Hanno Kotze (2/4),

Jean du Plessis (2/18), Marcello Piedt (2/20) en Jarred Jardine (2/11) die beste met die bal gevaar.

Ottniel Baartman, gebore Oudtshoorn­iet en 'n voormalige SWD-krieketspe­ler, wat nou vir die Sunrises Oos-Kaap in die SA20kompet­isie speel, was die gas vir die dag. Baartman het ook die prysuitdel­ing behartig.

 ?? ?? Marcello Piedt het ‘n waardevoll­e warrelwind­beurt van 26 lopies aangeteken.
Marcello Piedt het ‘n waardevoll­e warrelwind­beurt van 26 lopies aangeteken.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Jean du Plessis het 54 lopies gemoker.
Foto’s: Wyndham Ewerts Jean du Plessis het 54 lopies gemoker.
 ?? ?? Die Eagles vier die neem van ‘n Badgers paaltjie.
Die Eagles vier die neem van ‘n Badgers paaltjie.
 ?? ?? Die toeskouers het die krieket terdeë geniet.
Die toeskouers het die krieket terdeë geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa