Oudtshoorn Courant

Die kruis is ‘n teken van hoop

- SONIA WAHL

OUDTSHOORN – ‘n Kruis van 14 m is binne twee dae op Grootkophe­uwel (Spekkop) naby die Oudtshoorn-gevangenis, opgerig. Die oprig daarvan is op 5 Februarie voltooi. Volgens Ranger Grebe, visiedraer van iSurrender, sal dit binnekort met 'n beligtings­stelsel toegerus word om, soos hy sê, 'die donker nag te verlig'.

Grebe, het in samewerkin­g met

AGS Oudtshoorn-gemeente en die ondersteun­ing van 'n klein groepie besigheids­eienaars, vier jaar aan die oprig van die kruis beplan.

Omdat die kruis op munisipale grond en in ‘n natuurrese­rvaat opgerig is, moes spesiale toestemmin­g van die nasionale departemen­t van vissery en bosbou asook die Oudtshoorn-munisipali­teit verkry word. Volgens hom was dit ‘n groot proses om aan die wetgewing en vereistes van beide instansies te voldoen; en is selfs die kruis se konstruksi­e deur ‘n ingenieur ontwerp en die bouplanne deur die stadsbepla­nners goedgekeur.

Oudtshoorn-munisipali­teit het verlede jaar, na 'n publieke deelname en toestemmin­g van die munisipale raad die groen lig vir die oprig daarvan verkry en so is vier jaar se beplanning uiteindeli­k aan die rol gesit.

Grebe vertel dat hierdie kruis 'n simbool van HOOP moet deurgee, en vorm nou deel van drie kruise wat in Oudtshoorn-omgewing opgerig is.

Volgens hom het hy uit verskeie oorde teenkantin­g vir die oprig van die kruis ontvang, maar dat alles nou in plek begin val. “Die pad wat ons gestap het om hier te kom was en is nie maklik nie, maar God se belofte was dat Hy alles in plek sal bring vir die oprig van die kruis,” vertel Grebe.

“Hierdie is net ‘n klein deel van die uiteindeli­ke plan wat nog in plek moet val vir wat nog in Oudtshoorn gaan plaasvind. Die boodskap is dat God, Oudtshoorn lief het. “Dat Hy nie van die dorp vergeet het nie. Ons reageer op Sy belofte van herstel, kom ons verkondig sy naam,” sê Grebe.

In ‘n aanhaling van memorandum wat Grebe en verskeie sakelui op 16 Augustus 2019 aan die munisipali­teit oorhandig het, om toestemmin­g vir die oprig van die kruis te vra, skryf hy: “iSurrender” is 'n hemelse visie om hoop terug te bring na Oudtshoorn. Dit is gebou op die konsep van korporatie­we gebedsgroe­pe wat mense weer bymekaar sal bring om die krag van gebed te aktiveer. Dit sal 'n dorp herstel en lewens verander.” "Laat daar lig wees tydens die donker en swaartye wat mense deurgaan, bring terug die Hoop, Sy naam is Jesus Christus."

 ?? Foto’s: Ranger Grebe ?? Die oomblik toe Ranger wegry van die voltooide kruis en ‘n ligglans oor die kruis val het hy aan Jesaja 60:1-3 gedink en besef dat God se belofte ‘n werklikhei­d geword het.
Foto’s: Ranger Grebe Die oomblik toe Ranger wegry van die voltooide kruis en ‘n ligglans oor die kruis val het hy aan Jesaja 60:1-3 gedink en besef dat God se belofte ‘n werklikhei­d geword het.
 ?? ?? Die mans wat gehelp het om die kruis van 14 meter op te rig.
Die mans wat gehelp het om die kruis van 14 meter op te rig.
 ?? ?? Die kruis is amper voltooi.
Die kruis is amper voltooi.
 ?? ?? Die voltooide kruis.
Die voltooide kruis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa