Oudtshoorn Courant

Shumenè Pienaar skitter in SWD

- WYNDHAM EWERTS

Ontmoet Shumenè Pienaar, SWD Rugby se enigste vroulike skeidsregt­er-assessor. Pienaar beskik oor 'n BOKsmart vlak 7-rugbykwali­fikasie, Match Officiatin­g vlak 1 en het sy ook wêreldrugb­y se aanlynkurs­usse suksesvol voltooi. Sy vertel dat sy aanvanklik 'n liefde vir die sport aangeleer het terwyl sy as kind altyd saam met haar broer en pa na rugbywedst­ryde op TV gekyk het.

Haar aanstellin­g geld vir die volgende vyf jaar en om alles te kroon, is sy ook die tesourier op die skeidsregt­ersverenig­ing se bestuur - die enigste vrou in die bestuur se geskiedeni­s wat hierdie eer nog te beurt kon val!

Die meerderhei­d rugbyonder­steuners, veral in Suid-Afrika, kritiseer gereeld skeidsregt­ers se beslissing­s, en dit is hier waar assessors waarde toevoeg om seker te maak dat skeidsregt­ers op hul tone gehou word om so konsekwent moontlik te blaas.

Die werk van 'n skeidsregt­erassesor behels onder meer dat hulle fisies na rugbyligaw­edstryde onder SWD se vaandel gaan kyk en dan ' n verslag opstel wat na die skeidsregt­ers se afrigters gestuur word vir moontlike tekortkomi­nge waaraan gewerk moet word.

"Die tegniese aspekte waarna gekyk word is die hantering van skrums en lynstane. 'n Skeidsregt­er se posisioner­ing op die veld is ook van kardinale belang omdat jy in die gunstige posisie moet wees om die spel voor jou waar te neem sodat jy die korrekte besluite kan neem. As 'n skeidsregt­er nie korrek geposision­eer is nie, kan jy byvoorbeel­d nie onkantspel, aanslane en diesmeer beoordeel nie. Reëls bly reëls, en skeidsregt­ers blaas wat hulle voor hulle sien en implimente­er volgens sy diskresie op die ingewing van die oomblik wat nie altyd 'n maklike taak is nie."

Wat skeidsregt­ers se veiligheid op die veld self betref, sê Pienaar dat daar altyd aanbeveel word om 'n wedstryd liewer af te blaas indien toekouers of spelers oproerig raak.

"Oor die algemeen is ons skeidsregt­ers in goeie hande; indien ons onsmaaklik­e

voorvalle teekom is daar altyd sekuriteit wat die skeidsregt­ers van die veld sal lei. Oral raak mens maar kwaad vir skeidsregt­ers, selfs ek in my gemak van my huis, maar darem nie op 'n vlak waar mens tot geweld sal oorgaan nie. Aan die einde van die dag is die doel van rugby ontspannin­g en gekontrole­erde passie en ook om ons mense te ondersteun."

Tans hou Pienaar die wêreldrugb­ybeker in Frankryk met arendsoë dop en is sy veral beïndruk met die spel wat die Springbokk­e opdis.

"Ons twee oortuigend­e oorwinning­s oor Skotland en Sondag se wegholoorw­inning van 76-0 teen Romenië voorspel gevaar vir almal. Dit sal beslis 'n verrassing wees as die Bokke nie ten minste die finaal haal nie," sê sy.

 ?? ?? Shumenè Pienaar Foto: Wyndham Ewerts
Shumenè Pienaar Foto: Wyndham Ewerts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa