Oudtshoorn Courant

OKSK-gebou se drama duur voort

- STEFAN GOOSEN

Dit blyk dat die probleme vir die huurders van die ou Onderwysko­llege Suid-Kaaplandge­bou (OKSK) in Springbokw­eg, Bridgton geen einde het nie met

'n brand en nog 'n inbraak wat oor die afgelope langnaweek daar plaasgevin­d het.

Oudtshoorn Courant het in die uitgawe van 22 September berig dat organisasi­es wat hier gevestig is gebuk gaan onder voortdurig­e inbrake en vandalisme. Hierdie trant is vandeeswee­k voortgesit toe 'n brand Vrydagaand in 'n buitegebou ontstaan het en booswigte weer Dinsdagogg­end vroeg, of laat die vorige aand, by die gebou ingebreek het en chaos veroorsaak het.

Volgens Susan Botha, stigter van Real Life Commit wat opleiding vir fisies gestremde mense aanbied en in die gebou gevestig is, het die brand in een van die buitegebou­e ontstaan waar iemand voorheen gewoon het. "Hulle het al die vullis en goed daar 'gedump'. Dit moet brandstigt­ing wees deur mense wat hier inkom," het sy gesê.

Botha het gesê die brandweer kon gelukkig die brand blus voor dit na die hoofgebou versprei het.

"En vanoggend toe sien ons alles is nou net weer 'ge-demolish' en alles is uit die kaste gegooi en die plek is deurmekaar. Jy kon ook sien waar hulle vuur gemaak het binne die gebou om lig te maak," het Botha Dinsdag gesê.

Tafels, stoele, gordyne en tafeldoeke is gesteel. Botha vermoed die diefstal het oor die naweek plaasgevin­d, maar sy is nie seker nie.

Navrae is aan Suid-Kaap polisiewoo­rdvoerder Chris Spies gestuur oor hierdie en ander voorvalle. Spies kon bevestig dat geen saak rakende die brand gemaak is nie.

Vorige navrae aan die departemen­t

openbare werke en die departemen­t van hoër-onderwys en opleiding wat beide belange in die gebou het is ook steeds nie beantwoord nie.

 ?? ?? So het booswigte die kantore binne die gebou gelaat na die laaste inbraak.
So het booswigte die kantore binne die gebou gelaat na die laaste inbraak.
 ?? ?? Brandweerb­eamptes blus die brand. Foto’s verskaf
Brandweerb­eamptes blus die brand. Foto’s verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa