Oudtshoorn Courant

3 brand dood in 2 dae

- WYNDHAM EWERTS EN STEFAN GOOSEN

Drie inwoners van Bridgton, Oudtshoorn het binne die bestek van twee dae hul lewens verloor toe hul opslaanhut­te deur vlamme verwoes is.

Eerste brand

'n Ma en seun het laat Maandagaan­d, 2 Oktober, tragies omgekom toe hul opslaanhut byna tot op die grond afgebrand het. Die oorledenes, Shirley Bezuidenho­ut (49), en haar seun, Warren Bezuidenho­ut (16), het op die erf van familieled­e ten tyde van hul ontydige afsterwe gewoon.

Een van die familieled­e, Caroline de Laan, vertel dat die Bezuidenho­ut-gesin alreeds 25 jaar op hul erf woon en het daar op 'n vorige geleenthei­d 'n brand by hul hut uitgebreek, wat gelukkig vinnig geblus is.

"Hierdie keer was dit heeltemal anders; alles het so vinnig gebeur. Die een oomblik het ek Warren se stem benoud hoor roep: ‘Waar is die sleutel van die slot my Ma, dit brand hier binne. Help my!’ Toe ek opstaan en by die huis uitkyk, het ek gesien dat die vlamme al by die hut se vensters uitkom. Terwyl ons water en sand in die hut gegooi het, het Warren se stem net stilgeraak," vertel 'n emosionele De Laan.

Volgens De Laan vermoed sy dat brandende kerse die oorsaak van die brand kon wees.

"Net verlede week het ek vir Shirley gevra of sy nie dalk eerder 'n elektriese kragdraad wil gebruik om elektrisit­eit vanaf die hoofhuis na die opslaanhut te gelei nie. Sy het gesê nee, sy is gewoond aan kerse, en ek het dit toe maar daargelaat. Tydens die brand het ek glad nie Shirley se stem gehoor nie - ek vermoed sy het rook ingeasem terwyl sy geslaap het en waarskynli­k in 'n koma gegaan. Ai, dis so wreed en hartseer hoe hulle die wêreld moes verlaat. Al wat ek oor en oor in my gedagtes hoor, is hoe angstig Warren geskree het."

Warren was ten tyde van sy afsterwe 'n leerder by Oudtshoorn Vaardighei­dskool en sy suster, Celay Bezuidenho­ut (18) wat saam het hom in die opslaanhut gewoon het, 'n matrieklee­rder verbonde aan Aurial Kollege. Bezuidenho­ut sê dat sy sedert haar matriekafs­keid verlede Donderdag by haar tannie geslaap het. Dit is waar sy die tyding gehoor het.

"Ek het blitsvinni­g en deurmekaar tot by ons huis gehol en heeltyd vir myself gesê dat indien hulle gesterf het, dit die wil van die Here is. Ek gaan my broer en my ma baie mis, vir die mense wat hulle binne en buite was.

Net verlede week het ons as gesin nog my matriekafs­keid gevier, en nou is hulle nie meer hier nie, verewig."

Sy beskryf haar ma as 'n baie liefdevoll­e, kunstige mens en haar broer, as ’n lewenslust­ige persoon wat altyd grappies vertel het.

Begrafnisr­eëlings sal, volgens die familie, eers teen die einde van die week gefinalise­er word.

Benewens lewensverl­ies, het die gesin letterlik alles in die brand verloor; van klere tot meubels tot strukture.

Vir enige hulp (kos insluitend) WhatsApp Bezuidenho­ut by 064 096 8871.

Sersant Chris Spies, SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, het by navraag bevestig dat 'n dossier vir ’n geregtelik­e doodsonder­soek geopen is. "Voorlopige verslae dui daarop dat die polisie na die toneel gestuur is. Met hul aankoms het hulle 'n opslaanhut gevind wat afgebrand het. Die liggame van twee slagoffers is onder die puin gevind. Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word. Oudtshoorn-speurders ondersoek die saak en die ondersoek duur voort," lui die verklaring.

 ?? Foto verskaf ?? Die oorledene Shirley Bezuidenho­ut en haar dogter, Celay, tydens Aurial Kollege se matriekafs­keid verlede week.
Foto verskaf Die oorledene Shirley Bezuidenho­ut en haar dogter, Celay, tydens Aurial Kollege se matriekafs­keid verlede week.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die gesin het letterlik alles in brand verloor.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die gesin het letterlik alles in brand verloor.
 ?? Foto: Verskaf ?? Warren Bezuidenho­ut
Foto: Verskaf Warren Bezuidenho­ut

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa