Oudtshoorn Courant

Drie sterf in vlammehel binne twee dae

-

Tweede brand

Brian Baartman (52) van Elandweg, Bridgton het Dinsdagmid­dag, 3 Oktober, sy lewe verloor toe sy opslaanhut die middag deur vlamme vernietig is. Beide sy broers was op die toneel nadat die brand geblus is, en nie een kon verstaan hoe so iets helder oordag kon gebeur nie.

Koos Blaaw, een van Baartman se broers, bly self nie op die erf nie, maar was ingelig oor die brand kort nadat dit gebeur het. "Ek is dronkgesla­an. Ek het geen idee hoe so iets kon gebeur nie. Sommer in die dag," het hy gesê.

Volgens Blaaw het mense van die gemeenskap probeer help om die brand te blus totdat brandweerd­ienste op die toneel opgedaag het. "Ek weet nie hoe lank dit gevat het nie. Ek was nog so twee ure voor die brand daar, en alles was nog reg. Ek weet nie of Brian eers daar was nie," het hy duidelik ontsteld gesê.

Volgens Baartman se ander broer Douglas Baartman, wat huilend geskree het "my broer het hier uitgebrand, en ek weet nie hoekom nie!", het die twee saamgebly in die opslaanhut.

"Ek voel seer oor hom. Ek het hom liefgehad, ek het nog gisteraand vir hom gesê 'ek is baie lief vir jou'. Dis seker die woorde wat nou moes gekom het as dit nou met hom moes gebeur," het hy deur trane gesê. Hy het ook geen idee hoe die brand ontstaan het nie en was by die werk tydens die brand, waarna inwoners van die omgewing hom gebel het met die tragiese nuus.

"Hy moes nie doodgegaan het nie!" Volgens Baartman (Douglas), het die twee broers slegs 'n kort tydjie saamgebly.

"My broer was 'n goeie man. Hy het elke dag werk toe gegaan. Al ons goed is nou weg, ek het niks oor nie en ek het my broer verloor. Hulle het hom in een hoek van die huis gevind."

'n Navraag oor die insident is aan die polisie gestuur, maar teen druktyd gister, Woensdag 4 Oktober, is geen terugvoer ontvang nie.

 ?? Foto: Stefan Goosen ?? Brian Baartman Foto verskaf
Die binnekant van Brian Baartman van Elandweg, Bridgton se hut is heeltemal deur die brand vernietig.
Foto: Stefan Goosen Brian Baartman Foto verskaf Die binnekant van Brian Baartman van Elandweg, Bridgton se hut is heeltemal deur die brand vernietig.
 ?? Foto: Stefan Goosen ?? Een van Brian Baartman se broers, Douglas Baartman staan voor die puin van die opslaanhut.
Foto: Stefan Goosen Een van Brian Baartman se broers, Douglas Baartman staan voor die puin van die opslaanhut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa