Oudtshoorn Courant

KKNK en Oudtshoorn skitter met WesKaapse erkenning

-

Drie kuns- en kultuurtoe­kennings van die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport is verlede Dinsdag aan die KKNK oorhandig.

Hierdie toekenning­s erken jaarliks uitnemende bydraes tot die kunste, kultuur, erfnis, taal, biblioteke, argiewe, museums en geografies­e name en is in 2023 vir die 21ste keer by die Kunstekaap­teatersent­rum in

Kaapstad oorhandig.

Verder tot die kuns- en kultuurtoe­kennings, het die Wes-Kaapse minister van kultuursak­e en sport, Anroux Marais, ook spesiale toekenning­s oorhandig.

Karoo Kaarte

Karoo Kaarte, die KKNK se bekroonde gemeenskap­sgedrewe kunsteproj­ek, het die prys ontvang vir mees innoverend­e gemeenskap­skunstefee­s. Hierdie projek, vanjaar ondersteun deur die ATKV, is

’n multidissi­plinêre kunsteprog­ram wat op Oudtshoorn lewe kry. Karoo Kaarte draai rondom Oudtshoorn­stories en stel sodoende ’n lewende argief saam, met behulp van almal wat wil deelneem aan dié opwindende projek, wat reeds baie gedoen het om die KKNK een van die mees inklusiewe feeste in die land te maak. Die projek is deurlopend­e samewerkin­g, gefasilite­er deur die visuele kunstenaar Vaughn Sadie en die teatermake­r Neil Coppen.

Vanjaar is daar gefokus op stories wat met ervarings van kinderjare verband hou, asook met verlore openbare ruimtes. Aktiwiteit­e is regdeur die KKNK se program aangebied, met navorsing rondom hierdie temas wat in die projek na vore gekom het.

Hugo Theart

Theart, uitvoerend­e hoof en artistieke direkteur van die KKNK, ontvang die minister se spesiale toekenning as erkenning vir sy uitstaande bydrae tot musiek en kuns.

Sy passie en verbinteni­s tot die KKNK inspireer mense steeds en illustreer hoe kuns positiewe veranderin­g kan aandryf en ’n beter wêreld kan skep. Sy leierskap het die KKNK in staat gestel om ’n nuwe reis aan te pak en sy posisie as ’n SuidAfrika­anse kultuurbak­en te bevestig.

Crispin Sonn

Sonn, die voorsitter van die KKNK se direksie, ontvang die minister se spesiale toekenning vir sy uitstaande bydrae tot musiek en kuns. Onder sy leiding het die KKNK gegroei tot ’n gekoesterd­e familiefee­s wat besoekers nie net uit alle uithoeke van Suid-Afrika nie, maar ook van regoor die wêreld lok. Sonn se leierskap en toewyding toon hoe die kunste ’n deurslagge­wende rol kan speel om mense bymekaar te bring, begrip vir verskillen­de kulture te bevorder en ’n beter toekoms vir almal te bou.

Hazel Jonker

Rolspelers uit Oudtshoorn is met twee verdere toekenning­s bekroon. Jonker het die minister se nalatenska­ptoekennin­g ontvang, as erkenning vir haar uitstaande bydrae tot erfenisbew­aring en -bevorderin­g in die Klein-Karoo en spesifiek Oudtshoorn. Sy is die voorsitter van Heritage Oudtshoorn Erfenis en het ’n aktiewe rol gespeel in die bevorderin­g van erfenisbew­aring en -bevorderin­g binne die Klein-Karoo. Haar bydraes getuig van haar passie om die ryk geskiedeni­s en kultuurerf­enis van Oudtshoorn en sy omgewing te bewaar.

CP Nel-museum

Die museum het die prys ontvang vir bydrae tot die bevorderin­g van maatskapli­ke insluiting op die gebied van museums, erfenis en geografies­e name.

Meer oor die minister se spesiale toekenning­s

Die minister se spesiale toekenning­s erken uitstaande bydraes in hul onderskeie velde in die kuns- en kultuursek­tor.

Die minister se nalatenska­ptoekennin­gs erken legendes wat hul doelwitte in die kuns- en kultuursek­tor oortref en ’n betekenisv­olle impak op hul gemeenskap­pe, die provinsie, die land en die wêreld gemaak het.

 ?? ?? Hugo Theart ontvang die toekenning wat Karoo Kaarte gewen het.
Hugo Theart ontvang die toekenning wat Karoo Kaarte gewen het.
 ?? ?? Crispin Sonn ontvang sy toekenning.
Crispin Sonn ontvang sy toekenning.
 ?? ?? Hazel Jonker. Foto verskaf
Hazel Jonker. Foto verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa