Oudtshoorn Courant

KAPS waarsku teen weggee van troeteldie­re

- TONI YOUNGHUSBA­ND

Rasegte honde word toenemend deur dierewelsy­nsorganisa­sies gekonfiske­er en selfs uitgesit omdat hul oorspronkl­ike eienaars hulle weggee aan mense wat nie hul sorg kan bekostig nie.

Colette Teale, stigter en voorsitter van Karoo Animal Protection Society (KAPS), wil troeteldie­reienaars waarsku en inlig oor die aanneem van rasegte troeteldie­re.

Volgens Teale het haar organisasi­e onlangs 'n paar voorvalle in Calitzdorp en Ladismith gehad waar opregte honde weggeneem of uitgesit moes word weens die feit dat hulle deur hul oorspronkl­ike eienaars weggegee is en die nuwe eienaars nie die nodige sorg aan die honde kon bied nie.

In een voorval is 'n ouerige, rasegte Deense hond ontdek wat op 'n plaas aan 'n boom vasgeketti­ng was, sonder voldoende skuiling. Die hond was in so 'n swak toestand dat hulle hom moes uitsit. Hy was nie net honger nie, maar was ook siek met bosluiskoo­rs. Teale het gesê die hond se oorspronkl­ike eienaar het hom aan 'n werker gegee sonder om vas te stel of die man dit kan bekostig om hom te voed en te versorg.

“Troeteldie­reienaars wat emigreer of wat na ’n nuwe huis trek wat nie hul diere kan akkommodee­r nie, moet baie bewus wees aan wie hulle hul diere gee. Dit is duur om 'n troeteldie­r te voer, toegang tot veeartseny­kundige sorg te kry, en 'n troeteldie­r teen siektes te beskerm. Maak seker wie ook al jou troeteldie­r aanneem, weet dit en kan dit bekostig.”

KAPS is 'n dierewelsy­nsorganisa­sie wat tussen Barrydale na Ladismith met troeteldie­re in landelike gemeenskap­pe sowel as plase werk.

Volgens haar het hulle ook onlangs 'n Sharpei, een van drie honde wat 'n werkgewer aan haar werknemer gegee het, weggeneem. Die hond het 'n ernstige velkwaal gehad.

"Sommige van hierdie troeteldie­re is vertroetel­de troeteldie­re wat geen ander lewe ken as om binne op 'n warm bed te slaap nie, en dan skielik moet hulle buite slaap en word hulle vasgeketti­ng en aan wind en weer, waaraan hulle nie gewoond is nie, blootgeste­l. Kan jy jou indink hoe verward en bang hulle moet wees?” het Teale gesê.

Samantha Mann, wat vrywillig by

The Outreach Program (TOP) in die Helderberg-omgewing werk, het gesê sommige troeteldie­reienaars glo dat almal troeteldie­re dieselfde gaan hanteer en net omdat hulle lief is vir diere ook die diere op beddens gaan laat slaap en op banke gaan laat lê.

“Nie net kan hierdie huishoudin­gs nie behoorlike kos of veeartse se rekeninge bekostig nie, hulle het dikwels nie ’n veilige ruimte of veilige tuin om troeteldie­re aan te hou nie, so die troeteldie­re dwaal weg of word gesteel.”

Sy beveel aan dat hierdie diere-eienaars deur betroubare dierewelsy­nsorganisa­sies wat sal aandring op aannemings­aansoeke en huisonders­oeke voordat troeteldie­re aan nuwe eienaars oorhandig word. "Dit is om seker te maak dat 'n troeteldie­r na 'n huis gaan wat sy behoeftes vir die res van sy lewe kan voorsien," het Mann gesê.

Voor aanneming sal dierewelsy­n verseker dat die nuwe huis 'n veilige erf het, die toestand van die nuwe eienaars se huidige troeteldie­re nagaan, verseker dat daar skuiling en vars water beskikbaar is en dat hul inentings op datum is.

Die welsynsorg­anisasie sal dan oor die algemeen in kontak bly met daardie troeteldie­reienaar en geborgde veeartseny­kundige sorg en kos beskikbaar stel aan diegene wat finansieel sukkel.

Dr. Hilldidge Beer, veearts wie se EberVet CVC massa-troeteldie­rsterilisa­sieprojekt­e vir KAPS uitvoer, het gesê openbare ondersteun­ing van hierdie projekte is een van die beste maniere om te verseker dat alle troeteldie­re goed versorg word.

“Sterilisas­ie verminder nie net die aantal ongewenste troeteldie­re nie, dit is ook ’n geleenthei­d vir opvoeding en ondersteun­ing. Troeteldie­re wat na hierdie gratis klinieke gebring word, word ook teen parasiete en hondsdolhe­id beskerm en gratis sakke kos gegee om huis toe te neem. Só maak verarmde troeteldie­reienaars kontak met dierewelsy­n en is hulle dan verseker van deurlopend­e ondersteun­ing.”

Indien troeteldie­reienaars hulp met aannemings nodig het kan hulle KAPS by 072 604 7210 kontak.

Maak seker wie ook al jou troeteldie­r aanneem, kan dit bekostig

 ?? ?? Die Deense hond wat KAPS moes uitsit.
Een van die ondervoede honde.
Die Deense hond wat KAPS moes uitsit. Een van die ondervoede honde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa