Oudtshoorn Courant

Dam byna vol in 100ste jaar

- LIEZL VAN NIEKERK

Die Kammanassi­edam buite Oudtshoorn is vanjaar 100 jaar oud en was teen Dinsdag 99,18% vol. Dié dam het laas in November 2015 oorgeloop.

Die dam is in 1923 voltooi en die finale afwerkings en afrondings rondom die dam is in 1925 voltooi. Die primêre doel van die dam was, en is nog steeds, om water vir besproeiin­g te voorsien.

Kort geskiedeni­s

Volgens 'n boek deur Okkie Stander, Kammanassi­edam Oudtshoorn, het ETL Edmeades, van die plaas Kammanassi­e, in 1898 die behoefte vir 'n dam aangespree­k om 'n surplus water op te vang om later vir verbouing van landboupro­dukte te gebruik. Dit is ook op sy plaas waar die dam gebou was. Die plaas behoort tans aan die Stompdrift-Kamanassie Watergebru­ikersveren­iging (SKWGV).

Die plek waar die dam gebou sou word is in 1912 opgemeet, en volgens die landmeter se berekening­e sou die hele projek £200 000 kos. Die reënopvang­stasie is oor 'n periode van agt jaar opgerig om die hoeveelhei­d reën per jaar te meet. 'n Kloksistee­m is gebruik om die invloei van die water in die rivier vas te stel. Die Kammanassi­erivier is as die perfekte rivier beskou om die dam in te bou. Dié

rivier ontspring oos van Uniondale en vloei tot in Oudtshoorn waar dit in die Olifantsri­vier vloei ongeveer 'n 100 km. In 1915, tydens 'n ernstige droogte, het Edmeads weer die voorstel opgebring waarna dit in 1917 goed gekeur is. 'n Amptelike besproeiin­gsraad is in 1917 gestig. Edmeads was die voorsitter van die raad.

Die raad bestaan steeds en staan nou as die Stompdrift-Kamanassie

Watergebru­ikers-vereniging (SKWGV) bekend. Die raad bestaan uit die grondeiena­ars in die distrik.

'n Dorpie (Village) is gevestig wat verblyf aan 31 families en 40 enkellopen­de mans met kwalifikas­ies en ervaring, gebied het.

Rondawels is opgerig vir ongeskoold­e werkers. In die dorpie was daar 'n gevestigde skool, polisiesta­sie, gholfbaan en poskantoor. Ongeveer 400 werkers het aan die dam gebou, soms was daar tot 800 werkers op die perseel.

Die eerste beton is op 6 Mei 1920 gegooi. Plaaslike boere is as kontrakteu­rs gebruik om die sement met donkiekarr­e van die treinstasi­es af aan te ry. Twee jaar later is die bouproses tot stilstand geroep na 'n griepuitbr­aak, maar dit het die bouers nie gekeer om die dam betyds klaar te maak nie.

Interessan­te feite

Daar was net een noodlottig­e ongeluk tydens die bou van die dam. Plofstof wat onverantwo­ordelik gebruik is, was die rede vir die sterfte.

Een persoon het sy arm verloor. CJ Langenhove­n was die regsadvise­ur terwyl Ninham Shand die assistent-ingenieur was.

Besproeiin­gdistrik

Die Kammanassi­edam voorsien tans water aan 10 800ha.

 ?? ?? Die Kammanassi­edam is bykans 100% vol.
Die Kammanassi­edam is bykans 100% vol.
 ?? ?? Konstruksi­e van die dam.
Konstruksi­e van die dam.
 ?? ?? ETL Edmeades
ETL Edmeades

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa