Oudtshoorn Courant

109 medaljes vir getroue lede

- GARNETT WICOMB

“Die Tuinroete-distrikspo­lisie sal nie toelaat dat kriminele die streek oorneem nie.” So het die distriksko­mmissaris, genl. maj. Norman Modishana, verlede Woensdag tydens die eerste medaljepar­ade na sy aanstellin­g in Junie verlede jaar gesê.

Altesaam 109 polisieled­e van die Suid-Kaap en Sentraal-Karoo het by die geleenthei­d medaljes ontvang vir jare lange getroue diens in die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns (SAPD).

68 lede het medaljes vir 10 jaar diens ontvang, 17 vir twintig jaar en 24 vir dertig jaar.

Die burgemeest­er van die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it,

Memory Booysen, asook die stasiekomm­issarisse van George en Oudtshoorn, brig. NPJ Michaels en brig. Susan Crafford, was onder die eregaste wat die geleenthei­d bygewoon het.

Die Tuinroete-distriksko­mmissaris,

genl. maj. Norman Modishana, het die ontvangers gelukgewen­s met hul prestasies oor die jare en klem gelê op die belangrikh­eid van die polisie se rol in die samelewing.

Hy het die ontvangers ook versoek om voort te gaan met hul goeie werk en taak om die gemeenskap te dien. Voorts het hy beklemtoon dat die polisie nie sonder die samewerkin­g van gemeenskap­pe kan funksionee­r nie en gewaarsku dat die Tuinroete-distrikspo­lisie nie sal toelaat dat kriminele die streek oorneem nie.

Die parade by die SAPD Akademie in Oudtshoorn is opgehelder deur ‘n voortrefli­ke drilverton­ing deur die Tuinroeted­rilpeloton en musiek verskaf deur die WesKaapse polisieork­es.

Behalwe polisieled­e het vyf administra­tiewe beamptes ook medaljes vir jare lange getroue diens ontvang.

 ?? ?? Tuinroete-distriksko­mmissaris, genl. maj.Norman Modishana oorhandig ‘n medalje.
Tuinroete-distriksko­mmissaris, genl. maj.Norman Modishana oorhandig ‘n medalje.
 ?? Foto’s: Garnett Wicomb ?? Van die beamptes wat medaljes ontvang het.
Foto’s: Garnett Wicomb Van die beamptes wat medaljes ontvang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa