Oudtshoorn Courant

Crusaders is tops

- EUGENE GUNNING

As jy na een van die voorste vier rugbyklubs in die land soek, hoef jy nie verder as George te soek nie. Crusaders, wat verlede jaar die Premierlig­a gewen het, word nou as een van die voorste klubs gereken.

Die klub het onlangs aan die Gold Clubkompet­isie deelgeneem en hom goed van sy taak gekwyt. Hy het in die halfeindro­nde van die kompetisie teen Naka Bulle verloor, wat afgelope naweek die kompetisie oortuigend gewen het.

Kevin van Wyk, president van die klub, het aan George Herald gesê hy is tevrede met hul prestasies in die kompetisie. In die voorafdeel voor die uitspeelro­ndes het Crusaders vyf wedstryde gespeel en almal gewen. Die kompetisie het in Augustus begin en dit het regoor Suid-Afrika plaasgevin­d.

Tydens die klub se deelname moes hy verskeie uitdagings oorkom. So byvoorbeel­d sou die klub aanvanklik in 'n tuis halfeindro­nde speel. Op kort kennisgewi­ng moes die klub toe weer terugkeer na Pretoria vir die halfeindro­nde.

Vir die klub wag daar nou ook groot uitdagings. Hy moet sy deelname aan die Premierlig­a hervat.

Volgens Van Wyk is daar verskeie redes vir die klub, wat vanjaar 20 jaar oud is, se sukses. Die klub is besig om 'n hoë prestasie deel te vestig. Dit het reeds ses jaar gelede begin. Baie belangrik is ook die samewerkin­g met die gemeenskap van Parkdene, Maraiskamp en Conville.

Vir die kompetisie is sowat 40 spelers betrek en net 28 kon geregistre­er word vir deelname.

Hy het benadruk dit was 'n absolute spanpoging tussen die spelers, afrigtings­personeel en bestuur. Daar is ook 'n goeie gees in die groep.

Die klub sou nie suksesvol kon wees sonder borge soos Ruwacon, Palm Tyre en ander nie.

Hy is vol hoop dat die klub weer aanstaande jaar sal kan deelneem aan die kompetisie en ook goed sal doen.

Ben Brinkhuis, president van SWD-rugby, het gesê die unie is verskrikli­k trots dat Crusaders die halfeindro­nde gehaal het. Dat Crusaders net in die halfeindro­nde verloor het, gee 'n aanduiding van hoe sterk klubrugby in die SWD is.

 ?? ?? Kevin van Wyk
Kevin van Wyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa