Oudtshoorn Courant

Hoogbaard Saterdag ter ruste gelê

- LIEZL VAN NIEKERK EN DEON MEYER Morné Hoogbaard

Die munisipale bestuurder van die Kannaland-munisipali­teit, Morné Hoogbaard, word Saterdag in Slangrivie­r begrawe.

Volgens sy vrou, Astrid, het hy Saterdag aan natuurlike oorsake gesterf.

Die familie is oorspronkl­ik van George. "Dit was 'n skok vir ons, maar ten spyte van dit gaan dit goed met sy drie kinders. Die begrafnis word uit die gemeenskap­saal op Slangrivie­r gehou. Dit begin 09:30 vanuit sy ma se woning."

Hoogbaard het drie seuns van 20, 11 en 10 jaar oud. Daar is ook Woensdag 'n spesiale diens vir hom by die Kannaland-munisipali­teit gehou.

Volgens haar was hulle oorweldig deur oproepe van vriende en familie.

"Ons as familie waardeer die ondersteun­ing geweldig baie.

Jeffery Donson, burgemeest­er van die Kannalandm­unisipalit­eit, het in ‘n verklaring gesê Hoogbaard het bydraes van onskatbare waarde tot die gemeenskap gelewer.

Volgens Donson laat hy met sy dood ‘n definitiew­e leemte in die gemeenskap. “Hoogbaard was ’n geliefde seun van ons dorp. Hy was sedert 2010 in Kannaland betrokke en sy bydrae tot die munisipali­teit was enorm. Hy laat ’n onuitwisba­re merk op Kannaland-munisipali­teit,” het hy in sy verklaring gesê.

Volgens Donson het Hoogbaard gedurende sy ampstermyn ’n aansteekli­ke passie en toewyding in sy werk getoon. “Hy was nie slegs ’n bevoegde munisipale bestuurder nie, maar werklik ’n persoon met ’n warm persoonlik­heid, wat toeganklik vir sy gemeenskap was. Tydens sy leierskap het die gemeenskap groei getoon en is ’n beter infrastruk­tuur geskep. Hoogbaard het ook die lewens van die inwoners van die landelike gebiede verbeter.” Donson het hul meegevoel met sy familie gedurende hierdie hartseer tyd gedeel.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa