Oudtshoorn Courant

Vrou oorwin krisis en help nou ander

- EUGENE GUNNING

Stel jou voor: Jy is gesond en jy geniet saam met jou gesin en baie ander in Desember, lafenis teen die son by 'n getypoel by die see. Wanneer jy klaar is, sukkel jy om uit die water te klim. Uiteindeli­k verander jou lewe ingrypend en dit raak jou fisiese beweeglikh­eid. Vir twee en 'n half jaar moet jy van 'n rolstoel gebruik maak.

Iemand wat hiervan kan getuig is Sumari le Roux van George. Dit wat die afgelope paar jaar op haar lewenspad gekom het en hoe sy dit oorwin het, dien as inspirasie vir ander.

Sy het Maandag 23 Oktober gesê haar geloof in die Here en 'n goeie ondersteun­ingstelsel soos haar gesin, is die vernaamste redes dat sy die groot krisis in haar lewe kon oorkom.

Dis 'n lang reis vol uitdagings wat sy agter die rug het en volgens haar het dit haar 'n ryker mens gemaak. Trouens sy help nou ander mense.

Alles het in Desember 2017 verander. Sy en haar man Lorenzo het 17 jaar gelede na George verhuis. Hulle het twee dogters. Die betrokke dag het hulle gaan afkoel in die getypoel by Heroldsbaa­i. "Ons het gaan swem. Toe ek klaar was, kon ek nie uitklim nie. Ek was soos 'n dronkie wat nie kon regopstaan nie"

Dit het as 'n groot skok gekom want sy was tot op daardie stadium baie gesond. Sy en haar man was lief vir die buitelewe en het graag gaan stap.

"Die dag het my voete ewe skielik dood

gevoel. Ek het gesond in die water gegaan en toe ek wou uitkom het my voete begin ingee. My man het my uitgehelp."

Hulle het besef sy het hulp nodig. Dit was Desember en mediese spesialist­e was met verlof.

In Januarie wou sy 'n dokter gaan spreek, maar moes wag vir 'n afspraak. Op 18 Januarie het sy geval en kon nie regop kom nie. Dit was 'n noodsituas­ie en 'n afspraak is inderhaas toegestaan. Verskeie toetse is gedoen. In Maart 2018 is sy met Veelvuldig­e myeloom en POEMS-sindroom gediagnose­er. Sy het behandelin­g ontvang. In 'n stadium het sy die Here gevra oor die rol van haar lewe. In 2020 het sy by kaasmakery betrokke geraak en dit het vinnig uitgebrei. Later het sy afgeskaal en deesdae leer sy ander mense om kaas te maak.

Sy is optimistie­s oor die toekoms en lei so ver moontlik 'n gewone lewe. Daar is by haar geen twyfel dat sonder die Here sy dit nie sou gemaak het nie, en mense wat in 'n soortgelyk­e situasie beland moet dit onthou.

 ?? ?? Sumari le Roux en haar man Lorenzo toe sy in ‘n stadium in die hospitaal was.
Sumari le Roux en haar man Lorenzo toe sy in ‘n stadium in die hospitaal was.
 ?? ?? Sumari le Roux besig met ‘n klas oor die maak van kaas.
Sumari le Roux besig met ‘n klas oor die maak van kaas.
 ?? ?? Sumari le Roux en haar man Lorenzo.
Sumari le Roux en haar man Lorenzo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa