Oudtshoorn Courant

Ladismith-onderwyser in Kaapstad vereer

- DEON MEYER

Dit is deesdae nie algemeen om ’n onderwyser te vind wat reeds na 40 jaar in die onderwys, steeds ’n leidende rol in die onderwys speel nie.

Keith Meyer, 61-jarige adjunkhoof van Laerskool Towerkop in Ladismith, het onlangs hierdie prestasie vermag. Meyer is op ’n prestige-funksie van die onderwysva­kbond, Naptosa, in Kaapstad vereer vir "’n leeftyd van toegewyde diens in die onderwys".

Meyer, wat nog steeds in diens van die Wes-Kaapse onderwysde­partement is, het in 1982 aan die destydse OKSK in Oudtshoorn studeer en in 1983 sy eerste betrekking as wiskundeon­derwyser by Laerskool Towerkop aanvaar. Hierdie laerskool se leergang het later uitgebrei tot gr. 12 en het Meyer ook biologie vir die senior leerders begin aanbied.

In Maart 1991 is die nuwe gebou van die nou Ladismith Sekondêre Skool voltooi en moes opvoeders in die senior afdeling van Laerskool Towerkop saam met hul leerders by die nuwe skool in trek. Hier het Meyer steeds biologie vir gr. 10 tot 12 onderrig en het hy ook deur afstandond­errig sy kwalifikas­ies verbeter. Hy is later tot departemen­tshoof bevorder en het in 2003 aansoek gedoen vir die pos as adjunkhoof van Laerskool Towerkop, 'n pos wat hy tans bykans 20 jaar beklee. Meyer het hom nie net as puik onderwyser bewys nie, maar was ook die beheerligg­aam se tesourier en het ’n wakende oog oor die skool se finansies gehou.

Die vorige hoof van Laerskool Towerkop, wyle Pieter Herandien, het destyds na hom en Meyer verwys as ’n span "wat uit dieselfde lap gesny is, net die snit verskil".

Herandien en Meyer het Laerskool Towerkop tot hoër hoogtes geneem en die akademie en dissipline as ononderhan­delbaar beskou. Naptosa het Meyer vereer vir die 14 600 dae waarin hy ’n verskil in die lewens van sy leerders gemaak het en die 116 800 ure wat hy besig was om die gedagtes en menswees van sy leerders te vorm.

Verskeie oudleerder­s het Meyer op Facebook geloof vir sy bydrae tot hul opvoeding.

Meyer is getroud met Lorraine en hulle het drie dogters. Hy het ook een kleinseun, Blake, wat duidelik sy oupa om sy pinkie draai.

 ?? ?? Keith Meyer en sy vrou, Lorraine, tydens die funksie van die onderwysva­kbond, Naptosa, in Kaapstad.
Keith Meyer en sy vrou, Lorraine, tydens die funksie van die onderwysva­kbond, Naptosa, in Kaapstad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa