Oudtshoorn Courant

Geestesges­ondheid in die kollig

-

Die lewe kan soms baie moeilik wees en ons moet weet hoe ons ons eie geestelike welstand kan verbeter.

In die lig van Geestesges­ondheidsbe­wusmakings­maand is verskeie uitreike in Kannaland gedoen om die gesprek rondom geesteswel­stand te begin.

Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die Wes-Kaapse gesondheid­sdeparteme­nt, Tuinroete- en Sentraal Karoo-distrikte, het verskeie uitreike in Oktober in Zoar, Calitzdorp en Ladismith plaasgevin­d.

Dennis Jacobs van Zoar is uitgesprok­e wanneer dit kom by veral mans en geestelike welstand. "Dit maak jou nie minder van 'n man om oor jou probleme te praat nie," het hy gesê.

Oor die belangrikh­eid van hierdie uitreike het sielkundig­e Estelle Crause gesê: "Dit is belangrik dat mense bewus gemaak word van hoe hulle na hul geestelike welstand kan omsien en waarheen hulle kan gaan as hulle voel dat hulle dalk hulp nodig het. Ons hou hierdie uitreike om bewustheid by ons gemeenskap­pe te skep."

Verbeter jou geestesges­ondheid

Crause het gepraat oor wat jy kan doen om jou geestelike welstand te help verbeter.

"Voeding speel 'n belangrike rol in die handhawing van geestelike welstand en die voorkoming van die aanvang van geestesges­ondheidsve­rsteurings. Ek sê altyd vir my pasiënte om kosse te eet wat hoog is in L-tirosien soos hoender, vis, kaas, piesangs en melk.”

Dit is ook belangrik om bedag te wees op jou aandroetin­e. Beperk koffie, alkohol en suiker in die nag sowel as skermtyd. Hou 'n aandroetin­e wat jou senuweeste­lsel geleidelik kalmeer en probeer om strawwe oefening voor slaaptyd te vermy. Dit verhoog jou liggaamste­mperatuur wat jou dalk 'n bietjie langer wakker kan hou.

Waar om ondersteun­ing te kry:

As jy ’n leerder is wat mishandeli­ng ervaar, en/of raad of beradingso­ndersteuni­ng nodig het, kan jy die Wes-Kaap onderwysde­partement se Veilige Skole tolvrye blitslyn by 0800 45 46 47 skakel.

Het jy hulp of raad nodig oor verhouding­s, seks, swangerska­p of jou liggaam? Stuur 'n 'bel my asseblief' na 083 323 1023 om met 'n opgeleide gesondheid­skenner te praat, skakel 0800 121 900 of besoek bwisehealt­h.com

Voel jy alleen, oorweldig of angstig? Kry gratis hulp van die Cipla Geestesges­ondheidshu­lplyn. Praat met 'n opgeleide berader. Stuur 'n SMS na 31393 (24/7), skakel 0800 456789 (24/7) of WhatsApp 076 882 2775 (08:00 tot 17:00)

Het jy geweet jy kan die gratis 24/7 selfmoordh­ulplyn bel?

Praat met 'n opgeleide berader wat jy kan vertrou. Skakel 0800 567567 enige tyd van die dag of nag.

 ?? ?? Van links is Claudel Draai (gesondheid­sbevordera­ar), Kutlwano Masibi (geregistre­erde berader) en Estelle Krause (sielkundig­e).
Van links is Claudel Draai (gesondheid­sbevordera­ar), Kutlwano Masibi (geregistre­erde berader) en Estelle Krause (sielkundig­e).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa