Oudtshoorn Courant

Ncube skop stof in teenstande­rs se oë

- WYNDHAM EWERTS

Anderson Ncube, bekende atleet van Oudtshoorn het die afgelope naweek tydens die 12de Dryland Adventure Trail Run Traverse stof in sy teenstande­rs se oë geskop om eerste in die solo-mansafdeli­ng te eindig.

Hierdie wedloop het by De Hoek-bergoord weggesprin­g waarna die Kangogrott­e, Raubenheim­erdam en die klipperige paadjies van die Swartbergr­eeks gepaard met talle waterkruis­ings gevolg het.

Tydens dié uitmergele­nde 65 km oor vier dae het Ngube die afstand in 'n uitstekend­e tyd van 5 uur en 16 minute afgelê. Ncube sê dat vanjaar die vierde keer is dat hy deelneem, maar die eerste keer dat hy solo hardloop en sommer wen in die proses ook.

“Ek het op die eerste dag die pap dik aangemaak en heel voor gehardloop. Op die tweede dag het ek besluit om saam met die ander drawwers die pas te hou, maar dag drie en dag vier het ek besluit om die krane oop te draai. Vanjaar se Traverse was nie eintlik deel van my planne nie, maar my afrigter het my aangeraai om dit te gebruik as voorbereid­ing vir die Ultra Trail Cape Town-marathon wat einde November sal plaasvind.” Jaco Hanekom van Namibië was tweede (5 uur en 45 minute) gevolg deur Jarlow Mongo (5uur en 47 minute) van die Langkloof-omgewing.

In die solo-vrouekateg­orie het Helen Bosman die leiding geneem en met 'n tyd van 6 uur en 36 minute ingeklok. Louise Dippenaar het gevolg met 'n tyd van 6 uur en 39 minute, terwyl Bianca van der Westhuizen

in 7 uur en 6 minute klaargemaa­k het. In die gemengde span kategorie was Robert Williamson en Catherine Williamson die algehele wenners.

Buiten die mededingen­de gees, was die fokus van die wedloop om herinnerin­ge te skep, kameraadsk­ap te bevorder, persoonlik­e doelwitte te stel en te bereik, en om vriendskap­pe te hernu.

"Die Dryland Traverse is nie net 'n wedloop nie; dit is 'n reis van selfontdek­king, kameraadsk­ap en persoonlik­e triomf, vir ons by Dryland is dis die perfekte manier om die einde van nog 'n suksesvoll­e jaar te vier," het Bernard le Roux van Dryland Event gesê.

Vir meer inligting oor die Dryland Traverse Adventure Trail Run en om te ontdek hoe jy deel kan wees van hierdie ongeloofli­ke ervaring, besoek gerus www.drylandtra­verse. co.za of kontak sune@dryland.co.za.

 ?? ??
 ?? ?? Atlete het die geleenthie­d gehad om verby die pragtige vol Raubenheim­erdam te draf.
Atlete het die geleenthie­d gehad om verby die pragtige vol Raubenheim­erdam te draf.
 ?? Foto’s verskaf ?? ‘n Ekstatiese Anderson Ncube op pad eindstreep toe.
Foto’s verskaf ‘n Ekstatiese Anderson Ncube op pad eindstreep toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa