Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn-stasiebeve­lvoerder tree af

- STEFAN GOOSEN

Brigadier Susan Crafford, wat vir die laaste drie en ’n half jaar stasiebeve­lvoerder in Oudtshoorn was, en met 'n loopbaan van 37 jaar in die polisiedie­ns kan spog, tree op 31 Desember amptelik af.

Crafford sal haar aftrede in Mosselbaai gaan geniet, maar vertel dat sy onder andere die verhouding­s wat sy met verskeie instansies, organisasi­es, groepe, en die inwoners van die Klein-Karoo in Oudtshoorn opgebou het baie sal mis.

"Ek gaan nou eers net so ’n bietjie rus en my batterye herlaai, dan sal ek besluit wat ek gaan doen vir die res van my lewe. Ek weet nog nie wat nie, maar dit sal iets anders wees. Ek gaan definitief nie stilsit nie!" skerts sy.

Oudtshoorn Courant het met haar gaan gesels oor onder meer die hoogte- en laagtepunt­e van haar loopbaan, en waarop die Oudtshoorn-polisie sal moet fokus in die toekoms.

Haar ondervindi­ng van haar hele loopbaan, vertel sy, was "een fantasties­e tyd!"

"Ek kan net nie glo ‘n mens se lewe gaan so vinnig verby nie. Dis nou drie, amper vier dekades, en as ek sien waar ek gewerk het; van Johannesbu­rg, in die Oos-Kaap - ek dink daar's nie 'n plek waar ek nie gewerk het nie - dink ek die ondervindi­ng wat ek opgedoen het was fantasties."

Oor haar 37 jaar van diens het Crafford al in die sigbare polisiërin­gseenheid gewerk, speurtak, in bestuursdi­enste en het selfs projekplan­ne opgetrek. "Daar is nie 'n afdeling waar ek nog nie gewerk het nie, so ek kan nie glo dat tyd so vinnig verby is nie," sê sy.

Laagte- en hoogtepunt­e in haar loopbaan was baie, bieg sy. Onder die laagtepunt­e tel die tyd wat sy in Johannesbu­rg spandeer het, veral Sophiatown, as een van hulle.

Sy het 12 jaar as stasiekomm­issaris daar spandeer.

"Daar tel mens in

'n maand maklik

30 lyke op, so dit was 'n baie, baie slegte tyd, maar ek dink dit is ook waar ek meeste van my ondervindi­ng opgedoen het.

In Oudtshoorn byvoorbeel­d dra polisiebea­mptes nie altyd hul koeëlvaste baadjies of selfs wapens nie - ons is eintlik so bevoorreg, maar daar was dit anders. Daardie stresvolle tye was van my laagtepunt­e."

Daar was tog hoogtepunt­e aan daardie tydperk van haar loopbaan, soos byvoorbeel­d die mense wat in hegtenis geneem is. Daar was talle bendes wat onder haar bevel basies ontbind is. Sy vertel daar is baie hofsake wat uit die polisie se optredes daar tot volmaking gekom het. "Daardie suksesse was goed gewees. Ek was al in Oudtshoorn toe van daardie hofsake afgehandel is en daardie mense van die strate verwyder is."

Sy het verder in Booysens, Johannesbu­rg, gewerk waar daar baie kapings, huisrowe en dwelmhande­l was.

"Ook die groot sportgelee­nthede, onder meer die sokkerwêre­ldbeker waar jy verantwoor­delik is vir 120 000 tot 130 000 mense se veiligheid, was baie uitdagend." Dit was ook vir haar 'n hoogtepunt.

Dit is hierna dat sy na Oudtshoorn gekom het. "Die hoogtepunt­e hier, al het ons baie tekorte, is dat ek fantasties­e mense het wat onder my en saam met my werk. Die misdaadvoo­rkoming waarmee ons tans besig is verloop baie goed. Ons arrestasie­s is uitstekend - ons trek mense gewoonlik vinnig vas. Veral met dwelms en messe. Ons samewerkin­g met verkeer, buurtwagte, die vier verskillen­de sektore en ander organisasi­es is wonderlik."

Dit is een ding wat vir haar veral uitstaan in Oudtshoorn, sê Crafford, die samewerkin­g tussen elke organisasi­e waarmee sy al in aanraking gekom het van sekerheids­maatskappy­e tot verkeer, van die gemeenskap­spolisiëri­ngsforum tot buurtwagte, en selfs met korrektiew­e dienste om maar net 'n paar te noem.

"Maar mens kry almal 'n tyd in jou lewe waar jy voel iemand anders kan oorneem. Daar is baie jong leierskap wat ingebring kan word, wat net goed kan wees vir Oudtshoorn. Daar is genoeg kundigheid in die diens vir mense om by my oor te vat," voeg sy by.

Die grootste uitdaging vir Oudtshoorn­polisie, volgens Crafford, is om offisiersp­oste te vul, 'n nuwe vloot (voertuie) aan te skaf - waarna alreeds gekyk word, en om "nuwe bloed" in die diens te kry. "Al ons lede werk onder geweldige druk, en ons kort offisiere en beamptes in elke afdeling. Dit is alles goed om na uit te sien."

Sy glo Oudtshoorn se inwoners gaan ook van kardinale belang in die toekoms van Oudtshoorn se veiligheid wees. Volgens Crafford is die gemeenskap se samewerkin­g die sleutel tot goeie vooruitgan­g.

"Inwoners moet ook bewus wees van die goeie werk wat ons beamptes doen. Hulle is immers ook deel van die gemeenskap. Ons het beslis Oudtshoorn­iete se samewerkin­g en ondersteun­ing nodig."

Vir nou sien Crafford uit na die rustigheid wat haar aftrede sal bring.

"Om stasiekomm­issaris of -bevelvoerd­er te wees vat aan 'n mens. Jy moet 24 uur per dag beskikbaar wees. Ek tree al as stasiekomm­issaris op sedert die vroeë 1990's. Ek sien uit daarna om bietjie met verlof te gaan en tyd saam met familie te spandeer."

Crafford verseker wel dat sy steeds beskikbaar sal wees vir almal wat al oor haar pad gekom het in Oudtshoorn. "Ek sal dit mis om daar te wees vir mense. Mens leer uit elke klagte selfs, dit sal ek mis. Die kontak met mense en kameraadsk­ap sal ek ook baie mis."

 ?? Foto: Stefan Goosen ?? Brigadier Susan Crafford tree aan die einde van Desember af na drie en ‘n half jaar diens as Oudtshoorn-stasiebeve­lvoerder en 37 jaar altesaam in die polisiedie­ns.
Foto: Stefan Goosen Brigadier Susan Crafford tree aan die einde van Desember af na drie en ‘n half jaar diens as Oudtshoorn-stasiebeve­lvoerder en 37 jaar altesaam in die polisiedie­ns.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa