Oudtshoorn Courant

Wesbank-tennisspan­ne wen en verloor

- GARNETT WICOMB

Die twee mansligasp­anne van die Wesbank-tennisklub het Saterdag gemengde sukses behaal in hul wedstryde in die kompetisie van die Eden-tennisvere­niging.

Die A-span het in Knysna ‘n wegholoorw­inning van 5 - 0 oor die tuisspan behaal terwyl die B-span in ‘n spannende wedstryd op hul tuisbane met

2 - 3 teen Pacaltsdor­p vasgeval het.

Pacaltsdor­p het die twee enkelspelw­edstryde gewen toe Chad Stride en Vivian Lottering met Danie Steyl en Wilhelm Joubert afgereken het.

Wesbank het met oorwinning­s in twee van die drie dubbelspel­wedstryde die telling gelykop (2 - 2) gemaak.

Alles het daarna afgehang van die laaste dubbelspel­wedstryd.

Braam America en Vivian Lottering het die eerste stel teen Pieter Schoeman en Wilhelm Joubert met 6 - 3 gewen, maar die tweede met 6 - 7 verloor nadat hulle met

5 - 2 voorgeloop het.

Schoeman en Joubert het egter in die beslissend­e stel te veel ongedwonge foute begaan en die hul opponente toegelaat om die stel met 6 - 4 en die wedstryd met 3 - 2 te beklink.

Die volledige uitslae is soos volg: Eersteliga:

Wesbank 5; Knysna 0.

Marcel Petzer k Cameron Sullivan 6 - 0, 6 - 0; Zander Petzer k Ayanda Notsinga 6 - 4, 6 - 1.

Josh Daniel en Jacques de Beer k Gert Beyleveld en Pietman Mosterd 6 - 2, 6 - 0; Marcel Petzer en Josh Daniel k Pietman Mostert en Cameron Sullivan 6 - 2, 6 - 1; Zander Petzer en Jacques de Beer k Gert Beyleveld en Ayanda Notsinga

Tweedeliga: Enkelspel Dubbelspel

Pacaltsdor­p 3; Wesbank 2.

Enkelspel

Vivian Lottering k Wilhelm Joubert 6 - 1, 6 - 1; Chad Stride k Danie Steyl 6 - 4, 6 - 4.

Dubbelspel

Braam America en Calvin Lottering v/t André Gerber en Pieter Schoeman 6 - 4, 4 6, 6 - 7; Calvin Lottering en Chad Stride v/t Danie Steyl en André Gerber 4 - 6, 6 - 7; Braam America en Vivian Lottering k Pieter Schoeman en Wilhelm Joubert 6 - 4, 6 - 7, 6 - 4.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Die spanne van Pacaltsdor­p en Wesbank B is voor, van links: Braam America, Chad Stride, Danie Steyl en Wilhelm Joubert. Agter: Calvin Lottering, Vivian Lottering en André Gerber. Afwesig: Pieter Schoeman.
Foto: Garnett Wicomb Die spanne van Pacaltsdor­p en Wesbank B is voor, van links: Braam America, Chad Stride, Danie Steyl en Wilhelm Joubert. Agter: Calvin Lottering, Vivian Lottering en André Gerber. Afwesig: Pieter Schoeman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa