Oudtshoorn Courant

Karoo kragkrisis duur voort

- LIEZL VAN NIEKERK EN DEON MEYER

Die voortslepe­nde kragonderb­reking in 10 dorpe in die Karoo het vermoedeli­k 'n lewe geëis.

Een persoon is dood en nog een in die hospitaal, glo weens koolstofmo­noksieddam­pe wat as gevolg van 'n kragopwekk­er in Leeu-Gamka ontstaan het.

Eskom het Woensdag in 'n mediaverkl­aring gesê dat hulle hoop om teen 15 Februarie heeltemal klaar met die herstelwer­k te wees, maar het reeds goeie vordering gemaak en elektrisit­eit aan van die geaffektee­rde areas voorsien.

Luidens die nuutste verklaring van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, Anton Bredell, is die slagoffer 'n 18-jarige man.

Besighede en boere verloor tans miljoene rande en spook om kop bo water te hou.

Die onderbreki­ng is die gevolg van sewe Eskom-transmissi­etorings tussen Touwsrivie­r en Laingsburg wat Saterdagaa­nd in gure weer ineengesto­rt het.

Die Wes-Kaapse dorpe Roggeveld, Laingsburg, Ladismith, Leeu-Gamka, Swartberg, Merweville, Matjiesfon­tein en Prins Albert word geraak.

Bredell het by monde van sy woordvoerd­er, Wouter Kriel, gesê hy en die Wes-Kaapse premier, Allen Winde, asook senior lede van die provinsial­e regering is Woensdag deur Eskom op hoogte gebring.

"Die Wes-Kaapse regering hou die situasie fyn dop en veilige drinkwater, voedselsek­uriteit en toegang tot kritieke gesondheid­sorg vir geaffektee­rde inwoners is prioriteit."

Kriel sê Eskom het hulle ingelig dat konstruksi­emateriaal in die Karoo aangekom het en dat drie konstruksi­espanne voorberei vir die oprigting van tydelike strukture vir die heraanslui­ting van die Touwsrivie­rLaingsbur­g

132KvH-lyn.

"Eskom het ook berig dat die fout op die Hawston Farmer 1-lyn tot 'n groot mate herstel is. 'n Mini-substasie moes Woensdag (7 Februarie) vervang word, en krag sou in die hele streek teen die einde van Woensdag (7 Februarie) herstel gewees het."

Bredell het Dinsdag geaffektee­rde gemeenskap­pe in Prins Albert en Laingsburg besoek.

“As 'n provinsial­e regering bly ons fokus op die veiligheid en welstand van ons inwoners. Ons monitor voortduren­d die status van noodsaakli­ke dienste. Ons sal aanhou om alle moontlike ondersteun­ing

aan Eskom te bied om die lyn so vinnig moontlik te herstel.”

Verskeie kragopwekk­ers is aan gemeenskap­pe gelewer.

Volgens die provinsial­e departemen­t van gesondheid bring kragopwekk­ers, oop vure, asook gastoestel­le in swak geventilee­rde gebiede die risiko van koolstofmo­noksiedver­giftiging mee, sowel as 'n brandgevaa­r.

Koolstofmo­noksied is moeilik om op te spoor, omdat dit reukloos en kleurloos is. Blootstell­ing aan hoë vlakke van koolstofmo­noksied vervang die suurstof in die bloed en veroorsaak hoofpyn, swakheid, kortasem en bewusteloo­sheid.

Prins Albert

Prins Albert se toerismebe­stuurder, Inga Terblanche, sê sommige toeriste het hulle bespreking­s in die dorp gekanselle­er, maar nie in hoë getalle nie.

"Besighede probeer hard om als so normaal moontlik te hou. Daar is van die besighede wat hul tye aangepas het en restaurant­e wat byvoorbeel­d net middagete in plaas van ontbyt én middagete bied. Dit het baie te doen met wie genoeg elektrisit­eit het. Ons het ook besighede in die dorp wat sonpanele het wat hulp aanbied met byvoorbeel­d 'n vrieskas of yskas."

 ?? ?? Sewe Eskom-transmissi­etorings tussen Touwsrivie­r en Laingsburg is in slegte weer omgewaai. Die torings word dikwels deur vandale, wat van die staal afbreek, verswak.
Sewe Eskom-transmissi­etorings tussen Touwsrivie­r en Laingsburg is in slegte weer omgewaai. Die torings word dikwels deur vandale, wat van die staal afbreek, verswak.
 ?? Foto verskaf ?? Inwoners van Prins Alert en lede van die Prins Albertse waterraad tydens minister Anton Bredell se besoek aan Prins Albert.
Foto verskaf Inwoners van Prins Alert en lede van die Prins Albertse waterraad tydens minister Anton Bredell se besoek aan Prins Albert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa