Oudtshoorn Courant

Krieketleg­ende Saterdag begrawe

- WYNDHAM EWERTS

Inwoners van Oudtshoorn het verlede naweek op sosiale media met heimwee en ongeloof gereageer nadat dit bekend geword het dat krieketleg­ende, Simon Swigelaar (90), na 'n kort siekbed oorlede is.

Behalwe vir die feit dat Swigelaar 'n oudhoof van Bergsig Primêr was, was hy ook 'n erelid van Krieket Suid-Afrika,

SWD-krieket en sy geliefde Union Starskriek­etklub.

Swigelaar se seun, Colin Swigelaar, het aan Oudtshoorn Courant gesê dat sy pa sedert November verlede jaar bedlêend was.

"In hierdie tydperk het my pa by my kom bly waar ons na hom omgesien het. Hy is ook vir vier dae in die hospitaal opgeneem, waarna hy weer by ons kom aansterk het. Ons het 'n spesmaas gehad dat dit dalk sy laaste dae kan wees en daarom het die familie besluit om op 26 Desember sy verjaarsda­g met 'n behoorlike makietie te vier - letterlik almal, vriende ingesluit, het van heinde en ver gekom. Alhoewel hy heeltyd in die bed was, het hy dit vreeslik geniet. In 2017 het hy ook sy vrou Daphnè verloor na wie hy baie verlang het. Dit was altyd sy missie om die familie bymekaar te hou. As familie is ons dankbaar dat ons sy laaste wense kon uitvoer."

Colin het sy pa as 'n streng, dog eerlike en opregte individu beskryf wat almal dieselfde behandel het.

"Hy was absoluut versot op sport, maar meer spesifiek krieket. Sy puik analitiese krieketbre­in het hom selfs op sy hoë ouderdom, puik gedien. Sedert hy in 1991 uit die onderwys getree het, het hy sy hele hart en siel in krieket gestort. Hy was 'n ware sportfanit­ikus wat nooit eens 'n vergaderin­g of samekoms wou mis nie, dis hoe belangrik sport en krieket vir hom was - meer as net sy passie; dit was sy lewe."

Een van Simon se destydse leerders by Bergsig Primêr, Moses Jackson, het op sosiale media met nostalgie vertel, een van sy vele spreekwoor­de was, "A child in sport, is a child out of court."

Jackson het ook Swigelaar en sy vrou namens die breë gemeenskap geprys vir hul bydrae tot sport oor die algemeen.

Union Stars-krieketklu­b

Swigelaar was vir 73 jaar lid van Union Stars-krieketklu­b as speler en uitvoerend­e bestuursli­d.

Die klub se voorsitter, Michelle Weyers, het Swigelaar as 'n legende beskryf wie se invloed ver oor die grenslyne gestrek het.

"Sy onvermoeid­e pogings en onwrikbare toewyding het geweldig bygedra tot die groei en sukses van krieket op verskeie vlakke. As speler was hy 'n formidabel­e teenstande­r wie se nalatenska­p sy vele lopies en paaltjies oortref. Dit lê in die inspirasie wat hy aan generasies krieketspe­lers verskaf het, wat nie net die vaardighed­e van die spel nie, maar ook die deugde van sportmange­es en kameraadsk­ap wat hy by hulle ingeboesem het. Sy voorbeeld het as 'n rigtinggew­ende lig gedien, wat illustreer dat sukses op die veld nie net aan getalle gemeet word nie, maar aan die karakter en gees wat 'n mens na die spel bring. Meneer Swigelaar se onbaatsugt­ige bydraes het die grondslag gelê vir 'n nalatenska­p wat sal voortduur, wat toekomstig­e generasies krieketspe­lers inspireer om na uitnemendh­eid te streef," het Weyers gesê.

SWD-krieket

In sy huldeblyk het SWD-krieket se president, Micheal Eksteen, namens SWDkrieket hulde gebring aan Swigelaar.

“’n Groot boom het geval, en sy rol in SWD-krieket vir meer as 50 jaar sal vir altyd gerespekte­er en geëer word. Namens die raad van direkteure, klubs, kantoorper­soneel en krieketfam­ilie wil ek ons innige meegevoel met sy bedroefde familie betuig."

Albertus Kennedy, hoof- uitvoerend­e beampte van SWD-krieket, het Swigelaar geprys vir sy mentorskap en rol in die opkoms van SWD-krieket oor die afgelope twee dekades:

“As 'n beginselva­ste oud-skooladmin­istrateur met jare se wysheid, kennis, toewyding en sorg was hy 'n integrale deel in die skryf van die draaiboek in die geskiedeni­s van SWD-krieket. Hy het SuidAfrika­anse en SWD-krieket met trots gedien en het met reg al die eerbewyse en 'n spesiale plek in ons krieket annale verdien.”

Krieket Suid-Afrika

KSA-president, Rihan Richards, het in 'n verklaring gesê dat Swigelaar se merkwaardi­ge bydraes tot krieket as speler, skeidsregt­er en administra­teur 'n onuitwisba­re stempel op die sport gelaat het.

Richards het ook bevestig dat Swigelaar een van slegs drie lewenslang­e erepreside­nte van Krieket Suid-Afrika was ten tyde van sy dood.

“Hy het die spel vir byna 75 jaar ywerig gedien in verskeie hoedanighe­de, beide voor en ná eenheid. Hy laat 'n indrukwekk­ende nalatenska­p agter wat oor 50 jaar strek as 'n speler, skeidsregt­er, administra­teur en keurder. Ons betreur die verlies van ’n ware krieketleg­ende en betuig ons innige simpatie gedurende hierdie moeilike tyd.”

Toekenning­s

Gedurende sy roemryke loopbaan het Swigelaar talle eerbewyse ontvang, insluitend die Khaya Majola Lifetime Achievemen­t Award, ter erkenning van sy blywende bydrae tot die bevorderin­g van SA Krieket.

In 2003 ontvang hy die Lifetime Achievers-toekenning van die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport.

Swigelaar het ook 'n deurslagge­wende rol gespeel in die eenwording­sproses van sportligga­me in Suid-Afrika in 1990, dit het hom in 2007 'n Legende-toekenning van die Wes-Kaapse LUR vir sport en ontspannin­g besorg.

Begrafnis

Die begrafnis vind Saterdag 10 Februarie in Coralweg, Colridge View plaas vanaf 10:00 waarna die stoet om 11:00 na die Weyers Memorial Church ook in Colridge View sal beweeg.

Hy word deur sy kinders Colin, Jennifer en Rodney sowel as agt kleinkinde­rs en vyf agterklein­kinders oorleef asook sy enigste lewende broer, Robert Swigelaar (82).

 ?? Foto verskaf ?? Simon Swigelaar.
Foto verskaf Simon Swigelaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa