Oudtshoorn Courant

So raak die kragsituas­ie Prins Albert

-

Gay van Hasselt, 'n boer van Prins Albert sê die boere gaan miljoene rande verloor as gevolg van hierdie ramp.

"Ons kan op hierdie stadium glad nie die gewasse besproei nie en ons sukkel om water by die vee uit te kry omdat die pompe nie werk nie. Boere wat voer, soos lusern, vir die vee geplant het is besig om dit ook te verloor omdat die voergewass­e weens droogte vrek. Ons kan ook nie oes nie."

Van Hasselt sê boere moes intussen kragopwekk­ers, watertenks en pompe aankoop om die situasie te probeer red.

"Mense wat vrugte en bessies uitvoer sit met ewe groot nood omdat hul koelkamers nie werk nie en hulle is vinnig besig om produkte te verloor. Die koste wat boere op die stadium moet aangaan net om hul vee en gewasse aan die lewe te hou is astronomie­s."

Ladismith

Ladismith se burgemeest­er, Jeffrey Donson, sê dit gaan beroerd in die dorp sonder krag.

"Veral arm mense en besighede is erg geraak. Dit gaan bitter met die arm mense wat nie opwekkers het nie. Mense moet hulle bederfbare produkte by mense met opwekkers bêre. Daar is baie kos wat weggegooi word. Niemand kan selfone laai nie. Mense kry nie geld by banke nie. Net twee winkels, Spar en Usave, kon mense help met All Pay."

Hy self het geen idee hoe lank dit nog gaan duur om die kragtoevoe­r te herstel nie.

Glen Diniz, eienaar van die plaaslike Spar, het aan Oudtshoorn Courant genoem dat hy sedert Sondag ongeveer R14 500 tot R15 000 per dag aan diesel bestee om sy besigheid so na as moontlik aan normaal te bestuur. Sy versekerin­g dek slegs 'n klein persentasi­e van dié soort natuurramp­e.

"Ons probeer om op pensioenda­e klante se behoeftes te bevredig. Daar is 'n afname in verkope omdat klante nie meer bederfbare produkte koop om te stoor nie. Ons dienste is ook gesny. Die bakkery is tydelik toe." Winkelure is ook beperk.

Diniz het sy teleurstel­ling met die gebrek aan kommunikas­ie vanaf die kantoor van die burgemeest­er uitgespree­k.

CyberTEL, 'n plaaslike IT-diensversk­affer se eienaar, Riaan Oosthuizen, sit sy kragopwekk­ers om 01:00 af en tydens normale besigheids­ure weer aan om 'n meer konstante vloei van internetdi­enste te verseker. Dienste soos internetdi­enste, ID-foto’s en die stuur van e-posse gaan normaal voort. Hulle is ook beskikbaar vir dienslewer­ing aan diegene wat nie van CyberTEL as diensversk­affer gebruik maak nie.

 ?? ?? Riaan en Ostelle Oosthuizen, eienaars van CyberTEL in Ladismith.
Riaan en Ostelle Oosthuizen, eienaars van CyberTEL in Ladismith.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa