Oudtshoorn Courant

Munisipale amptenaar se kontrak beëindig

- LIEZL VAN NIEKERK

Die direkteur van infrastruk­tuur, Justin Lesch, se kontrak is Maandag beëindig na 'n spesiale raadsverga­dering wat in komitee gehou is. Die nuus is wyd op sosiale media versprei en het geweldige reaksie uitgelok.

Lesch is in 2021 aangestel, maar het na bewering nie die nodige kwalifikas­ies gehad nie. Volgens inligting wat bekom is, is hy 18 maande gegun om die nodige vakke te voltooi sodat hy die regte kwalifikas­ie kon hê, maar het dit nie gedoen nie.

Die munisipale bestuurder, Walter Hendricks, het gesê: "Die munisipali­teit bespreek nie personeel aangeleent­hede in die pers nie."

Hy het wel gesê dat Lesch die korrekte kwalifikas­ies het, maar ekstra kwalifikas­ie word benodig wat 'n direkteur in 18 maande moet bekom.

"Mnr. Lesch het dit na 18 maande bekom." Burgemeest­er Chris Macpherson het gesê: "Alle stadsrade word streng gereguleer deur voorgeskre­we reëls en wetgewing. Daar is ‘n streng gedragskod­e vir raadslede en amptenare waarvan vertroulik­heid ‘n uiters belangrike beginsel is. Die raadsbeslu­it wat nou wyd versprei word, is tydens ‘n in-komitee-raadsittin­g hanteer. Enige dokument, bespreking of inligting wat tydens ‘n in-komitee-vergaderin­g bespreek word, is uiters vertroulik. Persoonlik­e kwessies oor personeel word juis in komitee hanteer om persone te beskerm."

Volgens hom is die verspreidi­ng en bekendmaki­ng daarvan sonder die nodige toestemmin­g van die raad ‘n onwettige handeling en sal tot onmiddelli­ke skorsing lei van enige raadslid wat dit oortree.

Macpherson het verder gesê die misbruik van hierdie vertroulik­heid vir politieke gewin is uiters laakbaar en hy sal die nodige stappe neem om dit te voorkom.

"Dit is ook duidelik dat die inligting wat gegee en (op sosiale media) gepublisee­r is, totaal eensydig is en nie die werklike agtergrond reflekteer nie."

Hy het egter feite rakende die aangeleent­heid gedeel "aangesien die kwessie nou reeds in die openbare domein is". "Die staatsregs­adviseur se opinie oor die beëindigin­g van die kontrak is vervat in ‘n skrywe van die provinsial­e tesourie en is voor die raad gelê wat onder andere die volgende regulasies voorhou waaraan die raad gehoor moes gee: (3.4.1) '… A municipal council therefore does not have the authority to extend or deviate from the prescribed time period of 18 months to attain the minimum competenci­es level .'

“Die amptenaar ter sprake se 18 maande tydperk het reeds in Februarie 2023 verstryk.”

Volgens dieselfde opinie van die staatsregs­adviseur word bepaal dat indien 'n individu nie geskik is vir 'n pos nie, en 'n munisipali­teit voortgaan om hierdie persoon aan te stel sal die aanstellin­g as nietig geag word in bepalings van die Stelselswe­t.

"Daar word ook duidelik gestel dat nie eens die munisipale bestuurder hierdie bepaling kan ignoreer of aanpas nie. Indien ‘n individu se reg tot vertroulik­heid en wetgewing deur plasings op sosiale media misken word, is ons werklik niks beter as ‘n piesangrep­ubliek waar reëls en regulasies nie van toepassing is nie.

Dit is jammer dat plasings op sosiale media nie soos hoofstroom­media deur ‘n gedragskod­e gereguleer word nie. Dit is wel elke individu se reg om ‘n mening te gee, mits dit volgens aanvaarde norme en met verantwoor­delikheid gedoen word,” het Macpherson gesê.

 ?? ?? Justin Lesch
Justin Lesch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa