Oudtshoorn Courant

Waterbeper­kings ingestel vir Groter Oudtshoorn

-

Te midde van groeiende kommer oor watergebru­ik en die behoefte aan volhoubare waterbestu­ur, het die Groter Oudtshoorn-munisipali­teit die onmiddelli­ke implemente­ring van waterbeper­kings ingestel.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit is dit gedoen om volhoubare watervoors­iening vir die gemeenskap te verseker.

"Dit is belangrik om daarop te let dat noodtariew­e eers in werking sal tree sodra die damvlak onder 50% daal."

Tydens 'n raadsverga­dering wat Vrydag 31 Januarie gehou is, het burgemeest­er Chris Macpherson, verklaar dat weens die oormatige hitte wat Oudtshoorn die afgelope paar weke ondervind het, dit ook tot oormatige gebruik van water gelei het. Verlede week is min of meer 3% kapasiteit van die dam in een week gebruik. Daarom is vlak 1-waterbeper­king in Oudtshoorn ingestel.

Vlak 6-waterbeper­kings geld nog vir

De Rust, Dysselsdor­p en Klein-Karoo Landelike Waterskema (KKLWS).

"Dié landelike gebiede word van water uit die KKLWS-boorgate voorsien en die boorgate en die KKLWS is onder geweldige druk en kan nie in die huidige behoefte voorsien nie. Dit geld ook vir die res van De Rust wat water uit die Huisrivier kry. Die munisipali­teit is slegs geregtig op 'n beperkte onttrekkin­g uit die Huisrivier. Hierdie toegelate onttrekkin­g is nie voldoende om in De Rust se behoefte te voorsien nie en die bron word aangevul vanaf die KKLWS. Vandaar die streng beperkings vir De Rust, Dysselsdor­p en KKRWSS."

Macpherson wil inwoners en besighede versoek om asseblief buite-watergebru­ik tot slegs noodsaakli­ke doeleindes te beperk, soos om grasperke nat te maak, motors te was en swembadden­s vol te maak.

“Ons het spesifieke tye gestel vir buitesuipi­ng om waterverli­es tot die minimum te beperk, en ons sal jou deur die munisipali­teit se amptelike kanale op hoogte hou.”

Hy het verder gesê dat afdwinging­s-maatreëls in plek is om nakoming te verseker, met oortreders wat boetes of strawwe in die gesig staar vir nie-nakoming.

“Onthou, ons is almal saam hierin. Kom ons bespaar water verantwoor­delik.”

Inwoners word ook versoek om asseblief waterlekka­sies binne gemeenskap­pe en die misbruik van water by die gemeenskap­like krane in die informele nedersetti­ngs aan te meld. Jy kan dit gedurende kantoorure, tussen 07:30 en 16:30 aanmeld of skakel 044 203 7800/7801 en na-ure by 044 203 3090/3086.

Vir verdere inligting en opdatering­s oor waterbeper­kings, besoek asseblief die Groter Oudtshoorn munisipali­teit se webwerf, www.oudtshoorn.gov.za en ons sosiale media kanale (Facebook: Groter Oudtshoorn Munisipali­teit, Collab App (wat by PlayStore afgelaai kan word) en hul X-rekening: @OudtMun).

 ?? Foto verskaf ?? Die Raubenheim­erdam
Foto verskaf Die Raubenheim­erdam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa