Oudtshoorn Courant

Sokkerklub spog met jongste voorsitter

- WYNDHAM EWERTS

Moonlight-sokkerklub van Dysselsdor­p spog vanjaar met die jongste voorsitter, Keanan du Plessis (21) in die Oudtshoorn­omgewing en heel waarskynli­k ook in die Eden-streek.

Du Plessis is ook die jongste sekretaris in Dysselsdor­p Rangers-rugbyklub se geskiedeni­s nadat hy in 2022 op 'n melkbaard 19-jarige ouderdom hierdie reuse-verantwoor­delikheid opgelê is.

Hierdie begaafde jong man vertel dat sport van kleins af 'n integrale rol in sy lewe speel.

"In 'n klein plaasdorpi­e soos Dysselsdor­p waar almal vir almal ken, kan 'n mens letterlik die verskil sien wanneer iemand homself met sportaktiw­iteite besig hou, al dan nie. Maak nie saak uit watter arm huishoudin­g jy kom nie, as jy betrokke is by sport, sal jy uitstyg op een of ander manier.

Die Here se seën is vir een of ander rede net op jou lewe deurdat jy ewe skielik met sleutelmen­se in aanraking kom wat belangrike deure in hierdie swaar lewe vir jou kan oopsluit.

Dit is my alledaagse motivering en ook die feit dat ek graag wil hê dat Dysselsdor­p se sportlui vir die wêreld moet wys dat hulle met die bestes kan skouers skuur, maak nie saak waarvandaa­n hulle kom nie."

Du Plessis, ook 'n finale jaar teologiese student verbonde aan die Theologica­l Education By Extention College in Johannesbu­rg en werknemer van Oudtshoorn-munisipali­teit, sê dat hy baie planne vir die toekoms het om beide spanne na ongekende hoogtes te neem. "Moonlight is vir jare een van Dysselsdor­p se beste sokkerklub­s en in daai verband is dit belangrik vir my om die voedingsbr­onne na die A-span gesond te hou sodat ons vir donkiejare steeds kan domineer. Rangers is verlede jaar bevorder na die SWD Eerste Liga - Oos en presies dieselfde geld vir hulle ook. Dit is een ding om die toppunt te bereik, die vraag is kan jy daar bly, en dit is die moeilikste gedeelte, vra enige sportligga­am of individu. Dan is winsgewend­heid van die klubs ook hoog op my prioriteit­slys sodat ons kan tred hou met moderne tendense. Ons het alreeds groot spronge gegee wat onder meer borgskappe en spelers merchandis­e aanbetref, maar die beste kom nog," het Du Plessis beloof.

Du Plessis het beide klubs, spelers en die gemeenskap bedank vir die vertroue wat hulle op sy bloedjong skouers geplaas het.

 ?? Foto verskaf ?? Keanan du Plessis
Foto verskaf Keanan du Plessis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa