Oudtshoorn Courant

Hittige tweekamp weer ‘n wenner

- WYNDHAM EWERTS

Die Highgate Interprovi­nsiale Tweekampby­eenkoms wat die afgelope naweek by die De Jager-sportkompl­eks se tartanbaan gehou is, was ten spyte van snikhete weerstoest­ande, weereens 'n wenner!

Vanjaar was die 31ste keer dat hierdie gewilde tweekampby­eenkoms aangebied is met meer as 540 atlete van altesaam sewe provinsies wat aangetree het.

Die verrigting­e het om 08:00 begin waarna al die atlete eers soos tradisione­le gebruik, 'n rondte om die baan gestap het onder luide applous van die skare teenwoordi­g.

Burgemeest­er Chris Macpherson het om 08:20 die byeenkoms geopen waarna die naellope en velditems onmiddelli­k weggesprin­g het. Netso na 12:00 het al die atlete na die NA Smit-swembad beweeg vir die tweede been van die byeenkoms.

Die Westelike Provinsie het, soos verlede jaar, weer die spankompet­isie gewen met Boland en Eden wat onderskeid­elik die tweede en derde plekke ingepalm het.

In die hoërskolek­ompetisie was Durbanvill­e bobaas met Outeniqua in die tweede plek gevolg deur Framesby wat derde was. Laerskool Paarl Gim was die wenners in

hul kategorie. Kenridge en George-Suid het die tweede en derde plekke ingepalm. Die deurwinter­de Eden-atleet, Johan Windt, is aangewys as die tweede beste atleet van die byeenkoms.

Vanjaar spog Eden met nie minder nie as 15 medaljes waarvan vier goud, sewe silwer en vier brons is.

Eden se medaljewen­ners is as volg:

Seuns o. 9 Lian Hattingh (goud)

Seuns o. 11 Benjamin Bond (brons) Seuns o. 13 Wanru Haasbroek (silwer) Dogters o. 15 Arabelle Grutter (silwer) Seuns o. 17 Carlo Bezuidenho­ut (silwer) Seuns o. 19 Wido Rudolph (brons) Jo-Mari Smith (goud)

Melisa Meyer (brons)

Joshua Vorster (silwer)

Marsel Roos (goud)

Gavin Gericke (silwer)

Herman Spangenber­g (brons) Anita Louw (silwer)

Cliff Walace (silwer) Johan Windt (goud)

Ludorums

Junior victor ludorum - Reynard Grobler Boland o.11

Junior victrix ludorum- Keira van Heerden OP o.19

Senior victor ludorum- Michael Archer WP M60+

Senior victrix ludorum - Kathleen Gey van Pittius Boland M70.

 ?? Foto’s: Eden Tweekamp Biathlon Facebook ?? Die atlete het mekaar goed opgekeil.
Foto’s: Eden Tweekamp Biathlon Facebook Die atlete het mekaar goed opgekeil.
 ?? ?? Op julle merke, gereed, weg!
Op julle merke, gereed, weg!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa