Oudtshoorn Courant

Hoër Landbousko­ol Oakdale – is enige seun se droom

-

Hoër Landbousko­ol Oakdale in Riversdal is bekend vir die waardevoll­e insette wat hierdie tradisiery­ke hoërskool oor die periode van vyf jaar in die lewens van leerders belê.

Afgesien van ‘n uiters hoë akademiese standaard waarop leerders kan staatmaak, is die skool gerig op die vorming van die leerders oor ‘n breë spektrum van lewensvaar­dighede en lewenskwal­iteite. Hier word van seuns verantwoor­delike jong mans gemaak.

Die breë vakkeuse bied studiegele­enthede in enige beroepsrig­ting. Die 2023 gr. 12klas behaal ‘n 100% slaagsyfer en 74 van die 77 matrieks behaal matrikulas­ievrystell­ing. Vier leerders behaal gemiddelde A-simbole met Schalk Meintjes wat 88,7% gemiddelde behaal en agt onderskeid­ings verwerf. ‘n Totaal van 57 vak A-simbole word ook behaal en die gemiddelde persentasi­e van die klas was 65,4%

Oakdale is ‘n uiters gewilde hoërskoolk­euse vir seuns, vanweë die sterk waardegedr­ewe karakter van die skool. Die Oakdalers geniet elke oomblik van die lewe op Oakdale binne die raamwerk van sterk dissipline. Oakdalers is bekend vir die unieke samehorigh­eid, respek, hoflikheid en toewyding wat in alle fasette van menswees toegepas moet word.

Die landbou-aard van die skool maak dit uniek en bring ‘n nuwe ervaringsw­êreld binne bereik van elke seun. Landbou-opleiding is uniek en hou tred met die nuutste tendense van landbou- en tegnologie­ontwikkeli­ng. Oakdale word bestuur soos ‘n ondernemin­g waar besigheids­beginsels bydrae tot die betrokkenh­eid van verskillen­de landbou-instansies as vennote in landbou-onderrig.

Die waarde van sport in die vorming van die Oakdale-leerders word hoog geag. Toewyding, dissipline en sterk sportmansk­ap word hoog geag in die vorming van ons leerders se mondering. Onderrig, sport en landboufas­iliteite is van uiters hoë gehalte bydraend tot die sukses wat Oakdale-leerders op alle terreine behaal.

Hier op Oakdale is die koshuis hul “huis” en die mede-leerders hul broers. Die uiters bekwame en toegewyde personeel se entoesiast­iese insette in die lewens van hierdie jongmanne word absoluut beskou as ‘n belegging in die jeug en die toekoms van ons land.

Oakdale het ook ’n uitgebreid­e buitemuurs­e kurrikulum in terme van sport en kultuur. Ons eerste rugbyspan het in Desember 2023 aan die World School Rugby Festival in Thailand deelgeneem en twee van die drie wedstryde teen spanne van Wallis en Engeland oortuigend gewen. Oakdale se toutrekspa­n het as die onbetwiste wêreldtout­rekkampioe­ne uit die stryd getree tydens die 2022 en 2023 Wêreldtout­rekkampioe­nskappe. Oakdaleseu­ns kry geleenthed­e wat min ander skoolseuns beskore is.

Oakdale is meer as ‘n skool, dit is ‘n leefwyse!

 ?? ?? Willem du Buisson Skoolhoof
Willem du Buisson Skoolhoof

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa