Oudtshoorn Courant

Chad Louw bedank, sluit aan by PA

- WYNDHAM EWERTS

Die tonge klap behoorlik nadat dit Maandag aan die lig gekom het dat Chad Louw, ANC-raadslid en voormalige burgemeest­er van Oudtshoorn, sy bedankings­brief aan die ANC oorhandig het en hom intussen by die PA (Patriotic Alliance) aangesluit het.

Louw, boorling van Dysselsdor­p, het in 2021 landswyd opslae gemaak toe hy op 24-jarige ouderdom as die jongste burgemeest­er in die geskiedeni­s van Oudtshoorn ingehuldig is.

Louw was ten tyde van sy bedanking ook die ANC se streekvoor­sitter asook SALGA (South African Local Government Associatio­n) se provinsial­e voorsitter.

Louw het in sy bedankings­brief aangedui dat alhoewel hy dankbaar is vir die geleenthed­e wat die ANC hom gebied het, sy persoonlik­e lewensreis hom noodsaak om 'n paadjie te stap wat hom in staat sal stel om koers te hou by sy persoonlik­e oortuiging­s en ideale.

"Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie, maar dit spruit voort uit 'n weerspieël­ing van ontevreden­heid, behoefte aan persoonlik­e groei en 'n begeerte om in verskillen­de hoedanighe­de by te dra. Ek glo dat deur weg te stap, ek beter kan fokus op pogings wat meer aanklank vind by my waardes, aspirasies en toewyding tot positiewe veranderin­g. Ek wil graag my opregte dank betuig aan elke individu met wie ek die voorreg gehad het om binne die ANC te werk. Die bande wat gesmee is en lesse wat geleer is, is van onskatbare waarde, en ek dra hulle vorentoe na die volgende hoofstuk van my reis."

Volgens Louw gaan die PA binnekort 'n persverkla­ring aan die media vrystel waarin sy nuwe rol bevestig sal word.

Streekwoor­dvoerder van die ANC, Moyisi Magalela, het via 'n verklaring Louw se bedanking uit ANC-strukture bevestig en gesê dat sy bydraes die afgelope paar jaar hoog op die prys gestel word.

Hannes Visser, woordvoerd­er van die burgemeest­er Chris Macpherson, het gesê dat hulle teen Woensdag nog nie Louw se bedankings­brief ontvang het nie. “Die burgemeest­er bedank Chad Louw namens die raad vir sy termyn wat hy gedien het en wens hom sterkte toe op sy pad vorentoe.”

 ?? Foto verskaf ?? Die president van die PA, Gayton Mckenzie (regs), verwelkom Chad Louw by die PA.
Foto verskaf Die president van die PA, Gayton Mckenzie (regs), verwelkom Chad Louw by die PA.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa