Oudtshoorn Courant

Krake begin wys in koalisie

- LIEZL VAN NIEKERK

Krake in die regerende ‘Oudtshoorn’koalisie begin stadig, maar seker wys.

Dié koalisie, wat uit die DA, VF Plus, Icosa en Saamstaan Suid-Afrika bestaan, is in Mei verlede jaar deur burgemeest­er Chris Macpherson aangekondi­g.

Die koalisie-bom het verlede week gebars na 'n Facebook-plasing wat deur oudraadsli­d, Leon Campher gemaak is. Dit het aan die lig gekom dat VF Plus-speaker

Johan Allers, en Johan Duvenhage (VF Plus) saam met ICOSA, Saamstaan, Good en die ANC teen die DA in 'n vergaderin­g op 28 Februarie gestem het. Dit is glo die tweede keer wat dié partye teen die DA stem.

Na afloop van die vergaderin­g was die dorp byna die nuwe winkelsent­rum wat op die hoek van Rademeyers­traat en Langenhove­nweg beplan word, kwyt.

Een van die agendapunt­e van die vergaderin­g het gehandel oor die goedkeurin­g van 'n voorlopige begroting waarin R3,1 miljoen begroot word om 'n rioolpyply­n wat oor die sentrum se erf loop, te skuif. Tydens 'n raadsverga­dering wat in November 2023 gehou is, is daar besluit dat die munisipali­teit die kostes sal dra om die pyp te skuif en dit is aan die ontwikkela­ar bevestig.

Maar, op 28 Februarie het Icosa egter 'n teenvoorst­el ingedien dat daar eers 'n regsmening ingewin moet word voordat die R3,1 miljoen aangewend word. Dit is deur die VF Plus en Saamstaan gesteun.

Volgens betroubare inligting wou Dorpstraat die ontwikkeli­ng toe onttrek aangesien hulle nie bereid is om die projek verder te vertraag nie. Hierdie nuus het grootskaal­se reaksie van die publiek ontlok.

Luidens 'n verklaring van die DA was hulle verras toe hulle koalisieve­nnote "saam met die ANC gespan het om ‘n broodnodig­e

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ??
Foto’s: Liezl van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa