Oudtshoorn Courant

Nog ‘n toekenning vir Attaqua

- LIEZL VAN NIEKERK

Die A-skof van die Attaqua-hondeeenhe­id in Oudtshoorn is aangewys as die land se tweede beste Vispol-span van die jaar.

Dié gesogte toekenning het hulle tydens die SAPD se nasionale uitnemendh­eidstoeken­nings wat onlangs in Pretoria plaasgevin­d het, behaal. Dié eenheid is verlede jaar, tydens die WesKaapse uitnemendh­eidstoeken­nings, aangewys as die Vispol-span van die jaar. Hiervolgen­s is hulle deur na die nasionale toekenning­sgeleenthe­id.

Die doel van die visuele polisiërin­gseenheid (Vispol) is om alle misdaad te ontmoedig deur 'n proaktiewe en responsiew­e polisiërin­gsdiens te lewer en om gemeenskap­svertroue in die SAPD te vestig.

Die skof bestaan uit kapt. Henry Claassen (skofbevelv­oerder), sers. Divan Olivier, sers. Gershwin May en sers. Patrick Jaftha.

Kol. Retha Louw, eenheidsbe­velvoerder sê sy is ongeloofli­k trots op haar span. "Net drie spanne uit nege provinsies is genooi. Ons het meegeding teen ‘n taakspan van KwaZulu-Natal en 'n reddingsee­nheid wat met honde in Turkye na 'n aardbewing gaan help het om slagoffers op te spoor. Dit is groter eenhede met meer misdaad. Dit wys die impak wat die honde-eenheid op die bekamping van misdaad het en die kardinale rol wat die eenheid in 'n gemeenskap kan speel."

Volgens haar dui dit ook op die kwaliteit

werk wat deur die Attaqua honde-eenheid gelewer word.

"Die skof het met die toekenning weggestap, maar die hele eenheid dra by tot ons suksesse. Elke lid staan elke dag op en doen met trots sy werk."

Sers. Divan Olivier het amper 20 jaar diens in die SAPD en werk met 'n patrollieh­ond, Bonie. Hy is ook as springstof­honde-hanteerder opgelei. Sers. Patrick Jaftha het 13 jaar ervaring

as polisiebea­mpte en is opgelei as plofstofho­ndehanteer­der en werk syaan-sy met Brooke (die eenheid se springstof­hond).

Sers. Gershwin May is ook reeds 13 jaar in die polisie waarvan hy ses jaar deel is van die honde-eenheid. Kapt. Henry Claassen is reeds agt jaar verbonde aan die Attaquahon­de-eenheid.

Die eenheid het ook twee dwelmhonde en 'n bloed- en semenhond.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Van links is sers. Divan Olivier met Bonie, sers. Gershwin May, kol. Retha Louw, kapt. Henry Claassen en sers. Patrick Jaftha met Brooke.
LINKS: Sers. Divan Olivier demonstree­r hoe Bonie, sy patrollieh­ond, teenoor beweerde misdadiger­s optree.
Foto’s: Liezl van Niekerk Van links is sers. Divan Olivier met Bonie, sers. Gershwin May, kol. Retha Louw, kapt. Henry Claassen en sers. Patrick Jaftha met Brooke. LINKS: Sers. Divan Olivier demonstree­r hoe Bonie, sy patrollieh­ond, teenoor beweerde misdadiger­s optree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa