Oudtshoorn Courant

Karin Bence maak geskiedeni­s in fietsrykri­nge

- WYNDHAM EWERTS

Karin Bence, inwoner van Oudtshoorn en bekende in fietsrykri­nge, het onlangs geskiedeni­s gemaak toe sy haar lisensie ontvang het om as enigste vrou in Suid-Afrika, hoofskeids­regter in MTB, pad en baanwedren­ne te beoordeel.

Bence doen al vir die afgelope 15 jaar beoordelin­gswerk as skeidsregt­er en is ook die vrou, van nog 'n legende in fietryadmi­nistrasie, Corné Bence.

Haar ervaring sluit in vele Suid-Afrikaanse fietsrykam­pioenskapp­e sowel as internasio­nale wedrenne soos die Attakwas en die Pioneer Trek. Om die kersie op die koek te sit, is sy boonop ook Eden-fietsry se hoof van tegniese aspekte en dien sy ook op Wes-Kaap-fietsry se paneel van beamptes.

Vanjaar is sy aangestel deur Fietsry SA as hoofskeids­regter van die Cape Town Cycle Tour, voorheen die Cape Argus.

Bence sê dat haar prestasie, die som van haar harde werk is.

"Ek kom uit 'n gesin wat fietsry-mal is en ek het by almal verskillen­de aspekte van die sport oor die jare geleer. My grootste mentor en inspirasie is egter my man, Corné wat my passie ondersteun - ook my gesin wil ek bedank vir hul bystand vir die lang tye wat ek soms van die huis weg is om fietsry te dien. Ek hoop van harte dat hierdie prestasie baie deure vir vroue in fietsry in Suid-Afrika sal oopmaak. Dis net 'n bewys dat waar daar 'n wil is, is daar ook 'n weg. Alles begin met ‘n klein treetjie vanwaar 'n mens kan groei tot ongekende hoogtes," het sy gesê.

Bence sê verder dat Fietsry SA haar verlede jaar genomineer het vir internasio­nale kursusse in Switzerlan­d wat sy weens werksverpl­igtinge nie kon bywoon nie.

Volgens haar het Fietsry SA aangedui dat sy weer vanjaar genomineer sal word wat sy definitief sal bywoon.

Die voltooiing van hierdie kursus sal haar dan in staat stel om groot internasio­nale fietstoere soos Tour de France te kan beoordeel wat vir Bence, 'n droom sal wees wat binnekort 'n realiteit sal word.

 ?? Foto verskaf ?? Karen Bence (regs) saam met David Bellairs, grootbaas van Cape Town Cycle Tour.
Foto verskaf Karen Bence (regs) saam met David Bellairs, grootbaas van Cape Town Cycle Tour.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa