Oudtshoorn Courant

Jaguars byt Bridgton

- WYNDHAM EWERTS

Jaguars-rugbyklub het die afgelope Saterdag vir Bridgton in die eerste ronde van die SWD Super A-liga met 21 - 19 geklop in 'n wedstryd wat nog lank onthou sal word. Die rustydtell­ing was 5 - 3 in Bridgton se guns. Hierdie wedstryd, vooraf beskou as Dawid teen Goliat, is in Crags naby Knysna gespeel.

Jaguars is 'n nuweling in dié elite liga met slegs vier jaar ervaring en het tot dusver elke jaar tussen die onderste vier spanne geëindig. Vanjaar lyk sake ietwat meer belowend met 'n waardevoll­e oorwinning teen die kwaliteit van Bridgton wat al die liga vier keer in die verlede gewen het.

Wat die uitslag van hierdie oorwinning interessan­t maak is dat Jaguars se hoogaanges­krewe afrigter, Eldridge van Dyk (Kietsie), ook vir Bridgton in 2018/19 met welslae afgerig het.

Van Dyk is in sy eerste jaar by Jaguars en het na die wedstryd gesê dat hy trots is op die manier waarop sy span hul man in die vaste fasette gestaan het.

"Enige rugbyman wat sy sout werd is, sal vir jou sê dat jy altyd die spel binne die raamwerk speel en dan probeer aanpas by die skeidsregt­er se interpreta­sie daarvan. My boys het vandag gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie. Ook hul dissipline wat hulle regdeur gehandhaaf het, spreek boekdele hoe ons rugby benader. Een swaeltjie maak nie 'n somer nie, en daar is sommer nog baie werk wat gedoen moet word as ons ten minste onder die topagt wil eindig," het Van Dyk gesê.

Bridgton se puntemaker­s:

Dehavine Johannes (heelagter), Willem Jaftha (vleuel) en Charlie (vleuel) het elk een keer agter die pale gaan kuier. Johannes was ook suksesvol met twee doelskoppe.

Jaguars se volgende wedstryd is die naweek teen Progress terwyl Bridgton nog 'n voormalige kampioensp­an, Crusaders sal pak. Beide wedstryde sal in George gespeel word.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Eldridge van Dyk, nuutaanges­telde afrigter van Jaguars.
Foto: Wyndham Ewerts Eldridge van Dyk, nuutaanges­telde afrigter van Jaguars.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa