Oudtshoorn Courant

De Rusters maak ‘n ka(a)lender

WANNEER JY 'N VERANDERIN­G IN 'N GEMEENSKAP WIL MAAK EN JY HET 'N SPAN YWERIGE EN GEWILLIGE INWONERS, VAL 'N PROJEK SOOS HIERDIE BINNE WEKE IN PLEK.

- LIEZL VAN NIEKERK

Maryna Cotton en Sarel van Staden, twee bekende fotograwe en inwoners van De Rust, het saam met ‘n handjie vol mede-De Rusters ‘n gemeenskap­skalender aanmekaar gesit met die doel om die gemeenskap te help. Hulle woon al die afgelope vier jaar in De Rust en dit is hul liefde vir die dorp en gemeenskap wat die projek geïnspiree­r het. Dié kalender, Koktyls, is Maandag 25 Maart tydens ‘n gesprek met Coenie de Villiers by die KKNK bekendgest­el.

Vir die kalender om te gebeur het sy mans genader om op 'n stylvolle manier, sonder klere te poseer. Die kalender bestaan egter nie net uit foto's van brawe inwoners nie, maar plaaslike restaurant­e en kroeë het ook hul gunsteling skemerkelk­ieresepte gedeel wat agter op die foto's op die kalender gedruk is.

"Dit was nie so moeilik om hulle te oortuig nie. Hier en daar het dit bietjie motivering gekos, maar die meerderhei­d was bereid en gewillig. Van die mans se vrouens het hulle sommer genomineer. Party was so maklik, hulle het sommer hulle eie klere uitgetrek," skerts sy.

Volgens haar het die idee gekom toe sy en 'n paar vriende by die hotel gesit en kuier het.

"Hier is ongeloofli­k baie talent in ons dorp. Die kinders kan op soveel plekke presteer, maar finansies kniehalter hulle soms. Die idee is dat ons die wins hiervan gaan gebruik om 'n gemeenskap­skleinkas te begin sodat ons in die gemeenskap kan help," het sy vertel.

Hulle het einde Januarie begin en wou betyds vir die KKNK klaar wees. Daarom loop die kalender vanaf Julie 2024 tot Junie 2025.

 ?? Koktyls. Voor, tweede van regs is Maryna Cotton. Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Swepie le Roux spog as bonusfoto.
Die 13 mans wat deel is van
Koktyls. Voor, tweede van regs is Maryna Cotton. Foto’s: Liezl van Niekerk Swepie le Roux spog as bonusfoto. Die 13 mans wat deel is van

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa